Draai jou sente om

Deur Engela Bischoff

Dit is nooit te vroeg om te begin spaar nie. Gebruik hierdie slim wenke en geldbeginsels uit die Bybel.

Wie die kleine nie ag, is die grote nie waardig. Hierdie spreekwoord wys duidelik dat spaar nie by groot bedrae geld begin nie. Dit is in elk geval vir enige jongmens wat van sakgeld moet lewe onmoontlik. Die geheim is eerder om daardie klein bietjies geld wat jy op soveel plekke kan spaar bymekaar te maak.

Almal weet dat jy moet probeer om kleingeld in ’n houer te sit, om eerder te stap of met die fiets as kar te ry en om ligte af te skakel as jy nie in die vertrek is nie. Maar is daar nie ander, nuwe en opwindende maniere wat ’n mens kan probeer nie?

Gee – dis altyd beter om te gee.
2 Korintiërs 9:6-7 “Dink daaraan: wie karig saai, sal karig oes; en wie volop saai, sal volop oes. Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief.”

Skuld – betaal skuld dadelik terug of moet eerder net nie geld leen nie.
Psalms 37:21 “Die goddelose leen en betaal nie terug nie, die regverdige kry jammer en help.” Spreuke 22:7 “Die ryke heers oor die arme; die lener is die slaaf van die man by wie hy leen.”

Belê – doen deeglike navorsing en sorg vir geld vir nood.
Spreuke 19:2 “Ywer sonder kennis deug nie; oorhaastigheid bring foute.”
Prediker 11:2 “Hou jou besittings op sewe, selfs ag plekke, want jy weet nie watter teëspoed oor die land kan kom nie.”

Beplan – dis wat ’n slim mens doen.
Spreuke 13:16 “Alles wat ‘n verstandige mens doen, word met kennis gedoen; wie nie wysheid het nie, begaan een dwaasheid na die ander.”
Spreuke 21:5 “Wat hardwerkende mense beplan, is nuttig, maar elkeen wat oorhaastig is, stuur af op gebrek.”

Spaar – dit word ’n lewensingesteldheid.
1 Korintiërs 16:2 “Elke Sondag moet elkeen van julle na sy vermoë tuis iets opsy sit en dit opspaar, sodat die geldinsameling nie eers plaasvind as ek kom nie.”
Spreuke 13:11 “Rykdom wat sommerso gekom het, verminder maklik; wie bietjie vir bietjie bymekaarmaak, word ryk.”
Spreuke 21:20 “In die woning van ’n wyse mens is daar altyd kosbare besittings en olie; ’n dwase mens bring sy goed deur.”

Spandeer – nadat jy eers gedink het.
Spreuke 12:11 “Wie sy grond bewerk, het volop om te eet; wie hom besig hou met nuttelose dinge, het nie verstand nie.”

Donasies – gee aan mense en instansies wat dit verdien.
Markus 10:2 en Jakobus 2:15-16 “Sê nou daar is ’n broer of ’n suster wat nie klere het nie en dag vir dag honger ly, en sê nou een van julle sou vir hulle sê: “Mag dit met julle goed gaan; gaan trek julle warm aan en eet genoeg,” maar julle gee nie vir hulle wat hulle nodig het om van te lewe nie, wat help dit dan?”

Bekommer – moenie bekommerd wees oor more nie, die Here sorg vir jou.
Matteus 6:34 “Moet julle dus nie oor môre bekommer nie, want môre bring sy eie bekommernis. Elke dag bring genoeg moeilikheid van sy eie.”
1 Timoteus 6:6 “Die godsdiens is ’n groot wins as iemand tevrede is met wat hy het,”

Jy sal ook hou van ...

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui