Hoekom moet ons gelykenisse lees?

Leer hoe en hoekom jy gelykenisse moet gebruik om die Woord beter te verstaan.

Wanneer Jesus die gelykenis van die saaier vertel, vra die dissipels: “Hoekom gebruik U gelykenisse as U met die mense praat?” (Matteus 13:10).
 Jesus antwoord dan: “Aan julle is dit gegee om die geheime van die koninkryk van die hemel te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie. Wie het, vir hom sal nog meer gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar wie nie het nie, van hom sal ook die bietjie wat hy het, weggevat word. Om hierdie rede praat Ek met hulle in gelykenisse: omdat hulle kyk maar nie sien nie, en hoor maar nie luister en verstaan nie.” Ons sien dan hieruit twee redes vir die gelykenisse: om die waarheid te verkondig aan die wat dit wil hoor, en dit te verbloem vir die wat nie belangstel nie.

Hoe moet jy gelykenisse lees?

Lees altyd die konteks van die gelykenis. By sommige gelykenisse het Jesus self die betekenis gegee, byvoorbeeld by die gelykenis van die saaier.
Die gelykenis van die Fariseër en die tollenaar gaan weer vooraf met dié vers: “Met die oog op mense wat seker was dat hulle eie saak met God reg is en wat op ander neergesien het, het Jesus hierdie gelykenis vertel” (Lukas 18:9). Jy kry sommer dadelik ’n idee waaroor die gelykenis gaan.

Baie van die gelykenisse word herhaal. Wanneer jy die teks in jou Bybel lees, sal jy sien dat daar verwysings by is om te wys waar dit ook staan. Matteus, Markus en Lukas het dikwels dieselfde gelykenisse opgeteken. Dit kan jou help om dieselfde gelykenis uit elkeen van hul oogpunte te lees.

Dis belangrik om te onthou dat die gelykenisse die waarhede wat in die res van die Bybel gegee word illustreer om ons te help om dit nog beter te verstaan. ’n Gelykenis sal dus nooit die Bybel teëgaan nie.

In Markus 4:23 sê Jesus: “As iemand ore het en kan hoor, moet hy luister!” Jesus vra ons om meer te doen as om net te hoor wat vertel word, ons moet dieper luister, ons moet die waarheid van God najaag.

Volg die skakels hieronder om oor ses van die gelykenisse in die Bybel te lees, dit te bestudeer en in jou lewe toe te pas:

Jy sal ook hou van ...

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui