|
|
| |
>>Artikels<<
|
|||||
![]() |
Artikel:
Eva na die beeld van God Skrywer: Braam Krüger Uitgawe: 9 |
![]()
Eva na die beeld van God As iemand in die kerk deesdae die woord "vrou" gebruik, gaan die gedagtes en gesprekke byna onmiddellik na "die vrou in die amp". Daardie saak waaroor ons op die oomblik so heftig van mekaar verskil! "Vroue moet ouderlinge, dominees en diakens kan wees," sê die een klomp. "Nee," sê die ander klomp. "Dit is teen God se Woord!" Wel, dit is nie waaroor dit in hierdie artikel gaan nie. In Januarie 2009 is daar weer 'n sinode, en ons bid dat daar vir ons duidelikheid hieroor sal kom, omdat 'n sinode aan die einde daarvan moet kan sê: "Die Heilige Gees en ons het besluit . . ." (Handelinge 15:28). Maar as dit nie oor die vrou in die amp gaan nie, hoekom verwys ek daarna Wel, omdat ek dink die Satan lag lekker! Met al hierdie gestry en baklei oor vroue in die ampte, word die aandag weggevat van al die ander wonderlike goed wat die Bybel ons oor "Eva" leer! Goed waaroor die manlike en vroulike lesers van Kruispad deeglik ingelig moet wees, sodat hulle die Here kan verheerlik in die hantering van vroue (manlike lesers) en in vrouwees (vroulike lesers). Eva by die skepping Daar is wel 'n skeppingsvolgorde, op grond waarvan die Bybel leer dat die man die hoof van sy vrou is (1 Korintiërs 11). Hierdie hoofskap is 'n liefdevolle saak, wat onder andere "beskerming" impliseer. Dit beteken nié baasskap nie. Die tweede is die uitdrukking "'n hulp wat by hom pas" (Genesis 2:18). Vertalings kan nie maklik die betekenis oordra van "by hom pas" nie. Dit is letterlik iets soos "soos teenoor/ langs hom". Dit is idiomatiese Hebreeus, wat juis wil sê – op dieselfde vlak. Dit is in hierdie éénheid voor God dat ons lees dat Adam én Eva gemaak is na die beeld van God (Genesis 1:17): "God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep". Die beeldskap van die mens behels baie, maar die belangrikste is dat hulle geestelike wesens is. Dit beteken dat hulle anders as diere is. Hulle kan God ken en dien, hulle kan besluite neem en hulle leef bewustelik. Dit impliseer ook dat – wanneer hulle doodgaan – hulle gees steeds die beeld van God vertoon en voortbestaan. Hierdie gelykheid voor God maak egter nie dat hulle eenders is nie (dankie tog!). Hulle is man en vrou. Albei moet werk – "Wees vrugbaar, word baie, bewoon die aarde en bewerk dit. Heers oor die vis in die see, oor die voëls in die lug, oor al die diere van die aarde, ook oor die diere wat op die aarde kruip," (Genesis 1:28) – maar tog is daar ook uniekhede in albei. Vir Eva is dit dat sy die een is wat lewe voortbring ("Eva" beteken "lewe"). Dink net – geen enkele man sal op hierdie aarde loop as hy nie deur 'n vrou in die lewe gebring was nie! Hierdie leweskenkende uniekheid van Eva is tot 'n groot mate wat vrouwees definieer. 'n Vrou is beskermend, vertroetelend, versorgend. Sag. Dit beteken nie "willoos" en "vloerlap" nie, maar gelyke mens, met 'n spesifieke, versorgende aard. Sy het, net soos die man, talente en gawes wat sy in die lewe en in die kerk moet gebruik. Die Satan Dit is waarna Genesis 3:17 verwys: "… en hy sal oor jou heers". Dit is nie die Here wat beveel dat die man oor die vrou moet heers nie, maar dit is die gevolg van die sondeval dat die mans so wil heers. Sulke onbybelse mans sien vroue as gebruikvoorwerpe. Hulle is net goed genoeg om kinders te kry en kos te kook. Hulle opinies en insigte is niks werd nie. Dit is ook sulke mans wat vroue seksueel misbruik. Tweedens mislei die Satan ook vroue om hierdie leuens te glo! En dan is hulle tevrede om misbruik te word! Hulle is maar te bly as 'n man so bietjie afskeepaandag aan hulle gee. Baie mense beweer dit is hoe die Ou Testament teenoor vroue is – hulle is minderwaardig, die besittings van hul mans (vergelyk met Eksodus 20:17). Maar as 'n mens die Bybel nie net oppervlakkig lees nie, sien jy dat die Ou Testament ons juis leer dat die vrou "regte" het, in die sin dat sy beskerm moet word van uitbuiting – die sondige oorheersing en misbruik soos wat daar na die sondeval ingetree het. Dit is totaal anders as wat dit in die destydse wêreld was. Christus Christelike Eva-wees Vir die Evas beteken dit – wees trots op jou vrouwees. Leef dit uit! Moenie dat Adams jou hanteer soos die Satan dit vir hulle inprent nie. Wees vroulik – dit is hoe God jou gemaak het. |
![]()
© Kruispad 2008-2010
Opgedateer 01 September 2010