|
|
| |
>>Artikels<<
|
|||||
![]() |
Artikel:
Adam na die beeld van God Skrywer: Braam Krüger Uitgawe: 10 |
![]()
Adam na die beeld van God DAAR is 'n oorlog aan die gang. 'n Oorlog tussen Satan en sy magte aan die een kant, en die Here en sy koninkryk aan die ander kant. Eintlik is hierdie oorlog reeds gewen – deur die Here! Die oorwinning het gekom toe Jesus uit die graf opgestaan het. Toe is daar betaal vir die sondes van die gelowiges. Omdat Satan weet hy kan nie meer dáárdie oorwinning keer nie, het hy met 'n terroriste-oorlog begin. Hy is 'n insypelaar. En hy kan nog groot skade aanrig. Daar word 'n verhaal vertel van 'n sendeling in die Amasone. Toe hy op 'n dag in sy hut instap, was daar 'n allemintige Anaconda in die hut! Hy het sy pistool gevat en een skoot in die gedierte se kop afgevuur. Toe is hy vinnig buitentoe. Hy kon 'n vreeslike lawaai binnekant hoor en na 'n ruk het dit stil geword. Toe hy gaan kyk, was die slang dood, maar die binnekant van sy hut was verwoes! In sy laaste stuiptrekkings het die slang groot skade aangerig. Dít is hoe Satan is. Hy het reeds die kopskoot gekry, maar sy laaste stuiptrekkings rig nog groot skade aan op aarde. 'n Aanvalsterrein Ons moenie hieroor twyfel nie – Satan is ernstig besig met die ondermyning van die huwelik. Mense trou nie meer nie, maar bly saam. Meer as 30% van die kinders in SA word buite-egtelik gebore. Na bewering weet 75% van die kinders in Suid-Amerika nie wie hulle pa is nie! Die huidige mode van homoseksualiteit en veral in die laaste tyd, lesbianisme (I kissed a girl and I liked it, the taste of her cherry chap stick. I kissed a girl just to try it. I hope my boyfriend don't mind it) is alles deel van Satan se vernietigingswerk! Die probleem is dié een van die padda in die kookwater! Gooi 'n paddavis in kookwater, en hy vrek dadelik. Maar sit hom in koue water wat stadigaan warmer word – en hy hou selfs nog vir 'n rukkie in die kookwater. Hy kom nie agter dat hy besig is om gekook te word nie! Dit is wat met ons gebeur! Elke keer as jy sê "Maar almal doen dit!" weet dan dat jy kook sonder dat jy dit agterkom. 'n Taktiek Wat is eie aan Adam? Die leuens EERSTENS: Die Nuwe Testament sê daar is nie meer so 'n onderskeid nie. Hy verwys dan na Galasiërs 3:28: "Dit maak nie saak of iemand Jood of Griek, slaaf of vry, man of vrou is nie: in Christus Jesus is julle almal één." Maar die punt is: daar is 'n verskil tussen status en rol! Ons status voor God is dieselfde! Vir seker. Sonder twyfel! Altwee word slegs deur geloof in Jesus gered! Maar die rolle verskil. Eva is "lewe", die versorgende een, en Adam is "man", die leidinggewer! TWEEDENS: Die man se hoofskap beteken dat hy "baas" is. Hy kan maar bombasties, arrogant, ongevoelig en sonder rede bevele gee, en (sy) vrou(e) soos 'n stuk speelgoed gebruik en misbruik! Sy hoef nie eers 'n verstand te hê nie. Sy moenie dink nie. Om dit kras te stel: Kaalvoet en pregnant in die kombuis! Dit is Satan self wat maak dat mense dink hierdie is die Bybelse definisie van hoofskap! Dan sê hulle: Hoe kan jy so outyds wees? Sulke mans moet Spreuke 31 gaan lees. Daar lees ons van 'n vrou wat 'n persoon is in eie reg, en so vir haar man tot voordeel is. En Efesiërs 5 (enkele verse): "Wees uit eerbied vir Christus aan mekaar onderdanig. Die mans behoort hulle vrouens so lief te hê soos hulle eie liggame. Wie sy vrou liefhet, het homself lief, want niemand het nog ooit sy eie liggaam gehaat nie. Inteendeel, hy voed en versorg dit, soos Christus met sy kerk doen omdat dit sy liggaam is, waarvan ons lede is." Om die waarheid te sê: Die Bybel beveel nooit dat die man die leiding moet opeis of afvat nie, maar dat hy moet liefhê! 'n Manlike man is een wat liefdevolle leiding neem. DERDENS: Die vrou moet alleen regkom met die kinders en die huishouding. Ek (man/Adam) is besig met "belangriker" goed, soos geld maak of kuier saam met pêlle. Dit is die afwesige pa's. En die gevolg is duidelik – die huisgesin as eenheid word ondermyn en die samelewing val uitmekaar! VIERDENS laat Satan vroue glo dat hulle vloerlappe is, dat hulle maar mishandel en misbruik kan word, dat hulle maar alleen moet regkom! Sulke vroue doen dan selfs sondige dinge net om mans te behou (dit begin soms al voor die huwelik, as sy dinge toelaat wat eintlik teen haar beginsels is, maar dit maar toelaat net sodat sy nie die ou verloor nie!). Wat nou? Elke manlike leser van Kruispad moet nou vir homself 'n paar vrae vra: Het ek dalk my hoofskap afgesweer omdat die wêreld 'n bespotting gemaak het van wat die Here daarmee bedoel? Of het ek dalk gedink dat ek te besig is daarvoor? Of is ek dalk net te lui om dit te doen? En die vroulike lesers van Kruispad: Verwag julle van die Adams om mans te wees? Wat leiding neem en só sekuriteit verskaf? Ek dink elke Eva val oor haar voete om só 'n Adam te vang! |
![]()
© Kruispad 2008-2010
Opgedateer 01 September 2010