|
|
| |
>>Artikels<<
|
|||||
![]() |
Artikel:
Adam en die Ego Skrywer: Willem Groenewald Uitgawe: 10 |
![]()
Adam en die Ego HEI dude! Ek hoor jy wil die senior executive managing director van 'n international company word. Jy sien jouself al met jou sewe-dae-per-week gym-lyf in jou 4X4 met die bull/roll/tow bars, mags, spots en tyres – of in daai plat sportmotor. As jy dink dit gaan van jou 'n man maak, dan het ek nuus vir jou. Ek wou jou in hierdie artikel vertel het hoe om na jou liggaam om te sien, maar jy gaan in elk geval die raad volg van die grootste ou in die gym wat die meeste steroids gebruik. Dan kan jy lekker by jou pêlle om die braaivleisvuur staan en spog met hoeveel lean weight jy opgetel het. Julle kan julle biceps vergelyk en vir mekaar vertel hoe hot girls gebou moet wees. Dit maak nie van jou 'n man nie. Waarvoor compensate jy? Dink hieroor … wat ís dit wat van jou 'n man maak? Is dit jou looks, jou status, jou geld? Die hoeveelheid mooi girls op jou spoor? Of is daai die dinge wat jou ego oppomp en jou goed laat voel? Ego teenoor identiteit. 'n Latynse spreekwoord sê Esse quam videri – to be, rather than to appear. So, wat maak van jou 'n man? Wie is jy as jy Vergeet 'n bietjie van jou liggaam en leer hoe om jou gedagtes te oefen. Maak tyd vir jou vriendinne, jou meisie. Kry jou meisie uit die malls, flieks, jou slaapkamer, haar slaapkamer. Kuier saam met vriende wat Jesus volg (maar pasop – almal wat sê hulle is Christene, volg nie noodwendig vir Jesus nie). Wees lief vir jou meisie, sussie, niggie, ma, ouma en vriendinne. Nie met 'n selfsugtige liefde nie, maar the love of God. Volg God se handleiding vir al jou verhoudings. God sê vir ons in sy Woord dat daar nie eers 'n hint of immorality in ons gedagtes mag wees nie. Nie eers 'n skynsel daarvan nie. Is jy 'n Man? Jy maak nie vir 'n girl die kar se deur oop nie, but you open the door to look at her from behind as she ascends the stairs. Waaraan dink jy as sy met die trappe opklim? "Maar Ek sê vir julle: Elkeen wat na 'n vrou kyk en haar begeer, het reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg," (Matteus 5:28). Mans word visueel gestimuleer. Jy sien 'n image en dit word ge-file en wat ge-file word, bepaal wie jy is. Met ander woorde, dit waaraan jy dink, het 'n invloed op wat jy sê, en wat jy sê bepaal wat jy doen. So vermy TV-programme en tydskrifte met "goeie" artikels. Volwasse tydskrifte. Ek dink in elk geval daar moet nie eens sulke tydskrifte bestaan nie, want ek glo dít wat 'n driejarige kind nie mag sien nie, kan 'n 93-jarige man ook nie hanteer nie. Satan is die redakteur/regisseur van al hierdie tydskrifte, TV-programme en films. Die wêreld sê: "Let's make a deal". God Drie-enig sê: "THIS IS THE DEAL". Punt. Klaar. As jy nie selfbeheersing het voor jy getroud is nie, gaan dit nie verander wanneer jy getroud is nie. 'n Voorbeeld: Hoe jy aan meisies in bikini's dink voor jy trou, gaan dieselfde bly wanneer jy getroud is. "Maar … is dit nie maar hoe mans gemaak is nie?" vra jy. Nee. Deur Christus is ons in die beeld van God herskep. As jy die Heilige Gees in jou het, kán jy goddelike gedagtes dink, en optree soos 'n man van God. Dit impliseer dat jy 'n verhouding met Jesus moet hê. Met God se krag kan elke man 'n man na Jesus se hart wees. As jy 'n regte man wil wees, gaan vra vir Jesus, nie vir Adam nie. Adam het nie vir Eva geveg nie. Hoeveel gee jy regtig om vir jou meisie/vriendin? Soveel dat jy vir haar sal veg? Dat jy vir haar sal sterf? Of luister jy na 'n ander vrou se stem, die GPS-girl in jou 4x4? Sy vat jou waar jy wil wees: "Leave the motorway now, at roundabout leave roundabout at second exit, turn left now, slow down you have reached your destination." Onthou, jy bepaal jou eie bestemming en God hou jou persoonlik verantwoordelik vir jou keuses. Na wie luister jy van dag tot dag – na God of na die GPS-girl? O ja, as jy belangstel daarin om 'n gesonde lewenstyl te handhaaf, lees "Eva en die Fat Free Fruit" in #9. NS. Lees bietjie Eduard se getuienis en hoe hy verander het van ego-gedrewe na Godgedrewe. |
![]()
© Kruispad 2008-2010
Opgedateer 01 September 2010