Cum Boeke

>> Boekresensies <<

Doelgerigte gebed – ’n praktiese handleiding vir ’n vervullende gebedslewe
Bennie Mostert

Christelike Uitgewersmaatskappy
2007

Doelgerigte gebed is ’n praktiese gebedshandleiding.

Dit is gebaseer op die beginsel van 30% kennis van gebed en 70% doen, want “'n mens leer tog bid deur te bid.” Die eerste deel van die boek is ’n handleiding met 40 onderwerpe wat jou stap vir stap wys hoe om die Skrif te bid. Elke onderwerp word ondersteun deur teksverse wat óf reeds verwerk is tot ’n gebed óf ’n riglyn kan wees vir jou eie gebed. Die tweede deel van die boek is ’n studiegids waarin jy jou daaglikse vordering gedurende die 40 weke kan meet. Die boek is ’n wonderlike hulpmiddel om te beweeg van ’n passiewe na ’n aktiewe gebedslewe, en te begin sien hoe wonderwerke in jou lewe gebeur!

- Anneretha Combrink

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 


 

 

 

 

© Kruispad 2008-2010
Opgedateer 01 September 2010