|
|
Boekresensies

 |
Left
to tell: Discovering God amidst the Rwandan Holocaust
Immaculée Ilibagiza with Steve Erwin
Hay House Inc.
2006
|

SOMS
raak ons so vasgevang in ons eie omstandighede dat ons vergeet
om rondom ons te kyk, selfs vergeet om óp te kyk. Dan
is dit gewoonlik goed om verhale te hoor van ander lewens, verhale
van hoop. Left to tell is so 'n verhaal, 'n inspirerende
en selfs lewensveranderende boek. As jy jou perspektief op die
lewe en God wil vergroot, is hierdie 'n boek wat aanbeveel kan
word. Suid-Afrika is 'n land waar geweld en misdaad aan die
orde van die dag is. Koerante verkondig elke dag die boodskap:
"Jy is nêrens veilig nie!" Ten spyte
hiervan lei die meeste van ons kwaliteitlewens. Ons kan droom
oor ons toekoms, en het die geleenthede om hierdie drome te
bewaarheid.
Immaculée
Ilibagiza is 'n oorlewende van die menseslagting in Rwanda,
waar meer as 'n miljoen Tutsi's in 1994 vermoor is. Sy het saam
met sewe ander vroue vir drie maande lank in 'n piepklein badkamer
weggekruip. In Left to tell word haar verhaal van hoop
gedeel. Elizabeth Lesser, medestigter van die Omega Institute sê: "Immaculée is living proof that human
beings can not only withstand evil, but can also find courage
in crisis, and faith in the most hopeless of situations. She
gives us the strength to find wisdom and grace during our own
challenging times."
Left
to tell is 'n helder stem in die donker. Die skryfstyl
is boeiend, die toon in die boek is eerlik maar vol hoop. Die
boek dra 'n positiewe boodskap uit wat ons juis so bitternodig
het om vandag in Suid-Afrika te hoor.
-
Anneretha Combrink |

|
|