Cum Boeke

>> Boekresensies <<

One night with the King – a novel of Hadassah
Tommy Tenney with Mark Andrew Olson

Bethany House Publishers
2004

 

HIERDIE boek is insiggewend en fassinerend. Die verhaal van Hadassah, Koningin Ester van die Bybel, word oorvertel op ’n manier wat nie die Skrif as enigste Bron van die werklike feite wil afskiet of benadeel nie, maar lesers eerder uitnooi om met nuwe oë na die boek Ester te kyk. One night with the King behoort egter wel as fiksie gelees te word, hoewel dit op ’n ware verhaal gebaseer is. Tenney het met die vryheid van ’n skrywer sy verbeelding vrye teuels gegee oor die intriges wat moontlik vervleg was, en oor die feite waarvan ons slegs die gestroopte weergawe ken in die verhaal van Ester. Hoewel hy homself duidelik ook op deeglike geskiedkundige navorsing beroep, bly die boek fiktief.

Tog is dit, soos in die Bybelse verhaal van Ester, ’n verhaal met ’n duidelike geestelike boodskap, en een waaruit veel geleer kan word. Een so ’n boodskap word deur die ou priester Jacob aan Hadassah oorgedra wanneer hy sê:

“I always believed that the catalyst for these times of blissful closeness to Him was that I had focused my attention on Him, not on myself. Not on the fact that the Master of the Universe, may His name be blessed, stood in my presence, and I in His at that moment. I could not even think of such a thing, although I suppose it was true. No, like a little child, I was completely enraptured by His arrival and His presence, and my own part in the matter was completely forgotten.”

Dis dan ook die boodskap van One night with the King, die boodskap dat ons elkeen besig is om onsself af te sonder en voor te berei om in die teenwoordigheid van die Koning te staan. Hierdie is ’n boek wat nie net deur meisies nie, maar ook deur ouens gelees en geniet sal word.

- Anneretha Combrink

 

 

 

 


 

 

 

 

© Kruispad 2008-2010
Opgedateer 01 September 2010