Cum Boeke

>> Boekresensies <<

Ontdek die ware doel vir jou lewe – riglyne vir ’n doelgerigte en passievolle lewe
Robin Chaddock
 
Christelike Uitgewersmaatskappy
2007

DIE meeste van ons is in dié fase van ons lewens waar ons van ons belangrikste keuses moet maak: keuses ten opsigte van ’n studierigting, ’n beroep, ’n lewensmaat, ens. Die meeste van ons besef ook dat die keuses wat ons nou maak die fondament lê vir die res van ons lewens.

Robin Chaddock sê: “As jy die kans sou hê om van aangesig tot aangesig voor God te staan terwyl jy nog op aarde leef, en Hom te vra net wat jy wil, is die kans baie goed dat jy ’n vraag oor jou lewensdoel sou vra: Hoekom is ek hier? Wat wil U hê moet ek met my lewe doen?” Haar boek is ’n uitstekende handleiding waarin jy riglyne kan vind om jou unieke lewensdoel na te streef en uit te leef. Die boek is prakties en help jou onder andere om jou primêre passie en sterkpunte te bepaal.

Daarmee is jy dan in staat om:

  • jou talente en gawes te gebruik om die wêreld
  • ’n beter plek te maak jou invloedsfeer positief te beïnvloed die beste na vore te bring uit die mense met
  • wie jy daagliks te doen het en
  • ’n intiemer verhouding te hê met God.

- Anneretha Combrink

 

 

 

 

 

 

 

 

 


 

 

 

 

© Kruispad 2008-2010
Opgedateer 01 September 2010