|
|
Boeke


|
Selfvertroue
– die sleutel tot jou ware self
Alan Loy McGinnis
Christelike Uitgewersmaatskappy
2007
|

HIERDIE
is nie net ’n boek wat aanbeveel kan word as jy jou selfbeeld
wil verbeter nie. Dis ook ’n baie praktiese en leesbare
gids waarin jy kan ontdek hoe om innerlike krag te kry, verwerping
te hanteer, jou uniekheid as mens te ontwikkel, perspektief
te behou
oor jou tekortkominge, en soveel meer.
Die
mate van sukses wat ons behaal in verhou-dings, sport, ons finansiële
sake en liefde word grootliks bepaal deur ons selfbeeld. Daar
is mense wat suksesvol is op elkeen van hierdie gebiede. Dit
kom voor dat hulle sukses soos ’n magneet aantrek en hulle
kry dit reg om die vervulling te vind wat ander heeltyd bly
ontwyk. Wat is hulle geheim? Selfvertroue.
Hulle
twyfel nie aan hulle waarde as mens nie. Hulle weet ook waaraan
hulle hulle waarde moet meet. In Selfvertroue wys Alan
Loy McGinnis dat dit moontlik is om meer selfvertroue te kry.
Die boek is vol praktiese riglyne, interessante verhale en staaltjies
wat jou sal help om te groei in selfkennis sonder dat jy in
die strik van selfaanbidding beland.
-
Anneretha Combrink
|

|
|