|
|
>>
Boekresensies <<


|
Velvet
Elvis: Repainting the Christian faith
Rob Bell
Zondervan Publishers
2006
|

THIS
book is for those who need a fresh take on Jesus and what it
means to live the kind of life He teaches us to live. I'm part
of a community, a movement of people who have been living, exploring,
discussing, sharing and experiencing new understandings of Christian
faith.
In
Velvet Elvis: Repainting the Christian faith ondersoek
Rob Bell die perspektiewe en oortuigings wat die kern vorm van
die Christelike geloof. Hoekom glo ons wat ons glo? Watter rol
het mense en bewegings deur die loop van die geskiedenis gespeel
in die manier waarop ons God sien en ons Christenskap uitleef?
Die boek bied 'n vars nuwe hoek wat die leser uitdaag om saam
te praat – om nie net dit wat ons geleer word oor die
Kerk, geloof en God, vir soetkoek op te eet nie, maar om deel
te word van 'n debat wat help vorm gee aan dit wat ons glo.
Bell daag ook die leser uit om nie alles wat hy in die boek
sê, sonder meer te aanvaar nie. Dis ook nodig om met 'n
kritiese ingesteldheid te lees, want sommige van die stellings
wat gemaak word, kan inderdaad as kontroversieel beleef word.
Tog is Velvet Elvis belangrike leesstof – 'n
teenvoeter vir passiewe Christenskap, en 'n uitdaging om saam
te help skryf aan 'n Christelike wêreldperspektief. Die
vars, reguit manier waarop die inhoud aangebied word, is 'n
pluspunt. Verder is die aanbieding visueel aantreklik, en is
dit duidelik dat Bell die nuwe generasie Christenlesers goed
verstaan.
-
Anneretha Combrink
|

|
|