Opdrag van die Nasionale Sinode van die GKSA 2006

Die Sinode het Deputate vir Jeugsorg benoem met die volgende opdragte (Acta 2006: 377-378)  ( . . .):
4.4.4  Dat die wenslikheid en werkbaarheid van ’n “diensjaar-aksie” vir die GKSA jeug daadwerklik ondersoek word.
Die wesenlikheid en werkbaarheid van ’n “diensjaar-aksie” vir GKSA jeug is ondersoek en word DV. in Feb. 2009 afgeskop onder die naam: Kruispad Gee-jaar. Die fokus van die Gee-jaar is om ’n jaar van jou lewe te gee vir koninkrykswerk asook toerusting vir geloofsgroei. Die eerste jaar sal bestaan uit ongeveer 6-8 jongmense wat onder andere deel vorm van die redaksie van Kruispad-Tydskrif. Die kurrikulum word deur ons projekontwikkelaar, in samewerking met verskeie kundiges saamgestel.

Wat is die Gee-jaar?

Die Gee-jaar is die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika se eie “diensjaar”. Die Gee-jaar behels ‘n jaar van jou lewe om opleiding te ontvang in jeugbediening en in kreatiwiteit wat later teruggeploeg kan word in gemeentes regoor Suid-Afrika. Gedurende die jaar sal die studente aktief betrokke wees met uitlewing van hul geloof deur jeug- en sendingwerk en die inoefening van die kreatiwiteitsvaardighede. Die Gee-jaar is uniek in die opsig dat die jaar primêr daarop gefokus is om opleiding en toerusting aan studente te gee waardeur hulle in hul verhouding tot God kan groei.

Hoekom die Gee-jaar

Wie kan deel raak?

Wanneer begin die Gee-jaar

Die Gee-jaar sal DV in Februarie 2010 afskop.

Waar word die Gee-jaar aangebied?

Die Gee-jaar word in Potchefstroom aangebied. Die basis waar die studente gaan woon en sommige van hul klasse gaan bywoon is op ‘n plot sowat 5km buite Potchefstroom. Die studente gaan nie alleen op die plot woon nie. Die Gee-jaar koördineerder, die eienaar/opsigter en die spysenier sal daar woon.

Hoe lyk die program

(Die program kan moontlik verander indien gemeentes die studente wil gebruik vir ‘n aanbieding of ‘n kamp)

Wat behels die teologie klasse

Die klasse wat op die basis aangebied word bevat onder andere die volgende reekse:

 

Daar word tans met die Fakulteit Teologie van die Noordwes Universiteit onderhandel om ‘n kortkursus aan te bied in Jeugbediening. Dit word dan deur die Universiteit onderskryf wat beteken dat erkenning vanaf die Universiteit gegee word by wyse van ‘n sertifikaat van erkenning.
(L.w. Indien die kursus net bygewoon word en geen eksaminering plaasvind nie, word daar slegs ‘n bywoningsertifikaat oorhandig.)

Wat bied die Kreatiwiteitskool

Die sameweking van die Gee-jaar met die NWU Kreatiwiteitsentrum sal die volgende behels:

  1. Die aanbied van drie afsonderlike kursusse (voor April), wat elk twee naweke in beslag sal neem, naamlik:

Laasgenoemde (Fotografie) sal fokus op Joernalistieke en Dokumentêre Fotografie. Die idee is dat die eerste naweek van hierdie kursus voor Junie sal plaasvind, waartydens die studente praktiese opdragte sal kry vir die uitreik en vakansie wat voorlê. Na Julie sal die laaste been van die kursus afgehandel word.

  1. Deelname aan die volgende kursusse, soos normaalweg deur die Kreatiwiteitsentrum aangebied (April-Oktober):

 

Die volgende is die kreatiwiteitsentrum se kursuslys van 2009:

 

Dit is moontlik om verdere kursusse te kies indien dit in die skedule inpas en die student self die kostes daarvan dra.

Wat behels die praktiese jeugwerk?

Die Gee-jaar studente stel hulself beskikbaar vir enige Gereformeerde gemeente wat van hul diens gebruik wil maak.
Verder sal die studente voltyds besig wees by Venterskroon, Koningskinders, Takaneng, Katkisasie en reël van kampe.

Wat van vakansie???

Die vakansietye van die Gee-jaarstudente word bepaal deur die skoolvakansies van elke betrokke jaar. Gedurende die Julie-vakansie sal daar egter ‘n uitreik wees waarby die studende betrokke moet wees, en indien gemeentes van die studente wil gebruik op kampe, sal die res van hul vakansies daarvan afhanklik wees.

Die doelstellings van die Gee-jaar is