|
|
| |
Kunstenaarsprofiel
|
THIRD Day is 'n Christelike Rock-groep wat in 1991 deur die hoofsanger Mac Powell en kitaarspeler Mark Lee gestig is. Hulle naam verwys na Jesus wat op die derde dag opgestaan het uit die dood. Tot op hede het hulle al tien studio-albums uitgegee. Hulle nuutste album, Revelation, is aan die van einde Junie in Amerika vrygestel. Third Day het al meer as ses miljoen albums verkoop en het een Platinum album, een Platinum DVD en ses Goue albums op hulle kerfstok. Die groep het ook altesaam 23 Dove Awards en 3 Grammy Awards (uit 8 nominasies) gewen. Die Amerikaanse tydskrif Billboard beskryf Third Day as "nie net een van die beste Christelike Groepe van die 90's nie, maar een van die beste rock groepe ooit." Alhoewel Third Day al soveel sukses behaal het, bly hulle steeds nederig en is God hulle eerste liefde. 'n Mens kan in die lirieke sien hoe hulle hul geloof uitdruk en uitleef. Stunning songs sluit onder meer Cry out for Jesus, Consuming Fire, Agnus Dei/Hallelujah en hulle verwerking van die geloofsbelydenis in. Third Day se musiek wissel vanaf moderne en Southern Rock, tot worship musiek. Hulle het twee worship-albums, Offerings en Offerings II. Alhoewel die styl van elke album bietjie verskil, bly die sentrale boodskap van Third Day se musiek dieselfde, hulle passie om deur hulle musiek hoop en redding deur Jesus Christus te verkondig. Third Day se aanhangers word Gomers genoem. Gomer word deur die lede as hulle van gebruik en elkeen kies dan 'n naam daarby, soos byvoorbeeld Jumper Gomer. Gomer was die naam van die prostituut waarmee die profeet Hosea moes trou. Ten spyte van alles wat sy gedoen het, het hy altyd na haar toe teruggegaan. Die liedjie Gomer's Story, sit die hele verhaal van Hosea en Gomer uiteen. Gomers trek oranje T-hemde na die konserte toe aan, sodat hulle maklik uitgeken kan word. Indien jy vertroud wil raak met Third Day se musiek, is Chronology Volume 1 'n baie goeie CD om mee weg te spring. Dit bevat die groep se geskiedenis vanaf 1996 tot 2000. Jy kry 'n DVD daarby met video's van hulle eerste optredes, hulle toekennings en vier van hulle musiekvideo's. Die CD bevat 17 songs, amper 80 minute se luistergenot, maar wat dit veral laat uitstaan, is die nuwe opnames van hulle songs. Third Day gebruik hulle talente om God mee te eer en die verlossing deur Jesus te verkoning. Hierdie ouens is nie skaam om as Christene ge-label te word nie en leef voluit vir Jesus. Wees op die uitkyk vir Third Day se nuwe CD, Revelation, wat tans op die rakke is. Die meeste van Third Day se albums is beskikbaar by CUM Boeke. Gaan besoek
gerus een van die volgende webblaaie vir meer inligting oor
hierdie kunstenaars: Die lede
van Third Day: CD's: |
![]()
© Kruispad 2008
Opgedateer 30 Junie 2010