|
|
>>
Musiekresensies <<
Remedy
David Crowder* Band
Sparrow records
2007
7/10 |
 |

DIT
is moeilik om Remedy, David Crowder* Band se nuutste
album mis te kyk met die groot groen mediese kruis op die voorkant.
Remedy – 'n baie meer afgeronde album as die
vorige twee A Collision en B Collision –
is hulle elfde album op die rakke, en hulle het nog geen momentum
verloor nie. Alhoewel die lirieke op hierdie album soms te herhalend
is, hou hulle dit steeds baie eenvoudig, reguit en op die punt
af, en speel hulle met baie elektroniese klanke in hulle musiekstyl
wat wissel van energievolle Pop/ Rock met Can You
Feel It? en We Won't be Quiet tot rustige ballades
soos Surely We Can Change. Daar is ook 'n verwerking
van die tradisionele O, For A Thousand Tongues To Sing.
Remedy is nou nie juis 'n album wat die wêreld
gaan verander nie, maar dit is tog die moeite werd om in jou
CD-versameling te hê.
- Stefan Grobler
|

|
|