Revelation is Third Day se dertiende album, met Mac Powell as vocalist en band leader. Third Day is 'n band wat alreeds welbekend is aan ons elkeen met hulle betekenisvolle lirieke en catchy tunes. Die band gee in hulle nuutste album, soos in al die ander, al die eer aan God, deur te sê: "Thank God for mercy, thank God for His grace, thank God for everything you've got." Die album is vernoem na een van hulle liedjies, Revelation, waarin 'n mens hul gerigtheid op en afhanklikheid van God kan sien wanneer hulle sing:
"Give me a revelation,
show me what to do, 'cause
I've been trying to find my way,
I haven't got a clue.
Tell me should I stay here,
or do I need to move,
give me a revelation,
I've got nothing without You,
I've got nothing without You …"
Só 'n liedjie het vreeslik baie waarde, want wanneer ons daaroor nadink, besef ons opnuut dat ons verskriklik afhanklik van God is. Die tweede song op die album, Slow Down, sluit ook hierby aan. Om liefde uit te straal, is 'n saak wat na aan die harte van die Third Day-lede lê en hulle poog om hulle liefde in songs, soos byvoorbeeld Let Me Love You en Give Love, te wys.
Die album bevat dertien songs wat almal baie betekenisvol is. As Christene kan ons elkeen definitief iets by Third Day leer. Om as Christene lewendig, dinamies, getrou en liefdevol te wees. Die lirieke is vindingryk en die melodieë lekker om na te luister. Die album is 'n moet koop!
Rynhardt Pretorius |