|
|
| |
>>
Sending <<
|
||||||
![]() |
Rubriek:
Wat ook al gebeur ... ek sal vashou! Skrywer: Rubriek verskaf deur Geopende Deure Uitgawe: 6 |
![]()
Wat ook al gebeur ... ek sal vashou! 'n Jongs Moslem-man wat van demone bevry is, is so aangeraak deur die verandering in sy lewe, dat hy besluit het om 'n gebedskonferensie in 'n ander stad by te woon. Hy kon dit egter nie waag om sy Moslem-gesinslede daarvan te vertel nie. Hy het sonder hulle medewete tog die konferensie bygewoon en die teenwoordigeheid van die Here op 'n kragtige wyse ervaar. Sy gesin het begin agterdogtig word omdat daar so 'n groot verandering in sy lewe plaasgevind het. Een nag het 'n vriend hom agtervolg en gesien hoe hy 'n kerk binnegaan. Toe hy tuiskom, was sy pa woedend. Die jongman moes vlug vir sy lewe. 'n Plaaslike Christen het hom ingeneem en vir hom verblyf aangebied. 'n Paar weke later het die jongman 'n oproep van sy broer ontvang. Sy broer het vir hom verduidelik dat sy pa nou gekalmeer het en dat hy maar na sy ouerhuis kan terugkeer. Daardie aand het die jongman huis toe gegaan, sodat hy alleen met sy pa kon gesels. By die huis het twee bebaarde mans in wit klede hom ingewag. Sy pa het voorgestel dat hulle na 'n familielid se huis moes ry. Terwyl hulle in die voertuig was, het die jongman besef dat hulle eintlik besig was om in die rigting van die woestyn te ry en dat dit besig was om donker te word. Na 'n ruk het die voertuig tot stilstand gekom en het die mans die jongman verskriklik geslaan. Daarna het hulle ’n tou om sy bene vasgeknoop en hom met die kar deur die woestyn gesleep. Uiteindelik het die voertuig stilgehou en terwyl die bebaarde mans iets uit die kattebak gehaal het, het die jongman se broer die tou losgesny en geskree dat hy moes vlug vir sy lewe. Hy het besef dat hierdie mans sy broer om die lewe wou bring. Die jong bekeerling het al sy kragte ingespan en, so vinnig as wat hy kon, weggehardloop. Hy het uit vrees vir sy lewe vir ure in die woestyn rondgehardloop. 'n Motoris het hom opgelaai en na die nabygeleë stad geneem. Daar het hy met 'n plaaslike gelowige in kontak gekom. Dié het gesorg dat hy 'n werk gekry het en ook verblyf vir hom gereël. Die jongman is so verskrik na hierdie ervaring dat dit heeltyd vir hom voel asof hy agtervolg word. Tog is hy nie bereid om Jesus te verloën nie. Bid
asseblief vir hom ... vir sy beskerming, vir vrede in sy gemoed
en dat sy geloof in Jesus Christus sterker sal groei. Bid
ook vir die ander Moslem Agtergrond Gelowiges dwarsdeur die
Midde Ooste wat sulke vervolging ervaar, omdat hulle besluit
het om vir Jesus te volg. Vir verdere inligting rakende vervolgde Christene wêreldwyd, besoek Geopende Deure se webwerf by www.opendoors.org.za of kontak hulle hoofkantoor by 011 888 9341. |
![]()
© Kruispad 2008
Opgedateer 03 Augustus 2009