Cum Boeke

>> Sending <<

Rubriek: Om altyd te kies om God te dien!
Skrywer: Rubriek verskaf deur Geopende Deure
Uitgawe: 7

Om altyd te kies om God te dien

Pastoor Rajendra Chauhan woon in Indië. Hy glo vas aan sy roeping om die Here te dien en voer dit met sy hele hart en al sy kragte uit. Die Here het, ondanks allerlei beproewings, sy geloof sterk gehou. Dié beproewings het al bestaan uit fisiese aanvalle, aanvalle deur fanatiese skares, aanhoudings, en vals aanklagte wat die afgelope jaar teen hom ingebring is.

"Die Here verlos ons baie keer van die bose en ons is baie dankbaar daarvoor. Ons organiseer weekliks gebedsbyeenkomste en baie wonderwerke vind tydens hier byeenkomste plaas. Ongeveer 3000 mense woon hierdie geleenthede, wat op Saterdae en Sondae aangebied word, by. Ons weet dat ons deur die fundamentaliste dopgehou word, en dat van hulle dikwels die gebedsbyeenkomste van 'n afstand af dophou. Een of twee keer, terwyl ek nie tuis was nie, het mense gekom, my familielede gedreig en 'n boodskap gelos dat ek die bedieningswerk moet laat vaar. Maar ek is van plan om die Here te volg en nie mense te vrees nie."

Geopende Deure het besluit om die koste te dra van 'n grensmuur rondom die perseel waar die gebedsbyeenkomste gehou word. Sodoende kan die risiko dat "ongenooide gaste" by hierdie byeenkomste opdaag, verminder word. Hierdie muur is teen die 20ste Maart voltooi en sal sorg dat die gelowiges meer privaat kan aanbid.

Rajendra wil die een kant van die grensmuur as die muur van 'n klein primêre skool gebruik, wat hy wil begin vir die kinders van die omliggende Hindoegemeenskappe. Dit is 'n ander manier waardeur die Evangelie verkondig kan word aan diegene wat naby woon en moontlik teen die Christendom gekant is. So wil hy die Here deur middel van dié skooltjie dien en sy liefdesboodskap aan gesinne wat in geestelike duisternis gehul is, uitdra. Natuurlik kan dit ernstige
gevolge vir hom inhou, maar hy kies steeds om God te dien.

Vir verdere inligting rakende vervolgde Christene wêreldwyd, besoek Geopende Deure se webwerf by www.opendoors.org.za of kontak hulle hoofkantoor by 011 888 9341.

 

 

 

 

 


 

 

 

 

© Kruispad 2008
Opgedateer 03 Augustus 2009