|
|
| |
>> Sending
<<
|
||||||||||||||||||||
![]() |
Artikel:
Gereformeerde Christene Skrywer: Juanita Swanepoel & Rineé Viljoen Uitgawe: 8 |
![]()
CHRISTUS se groot sendingopdrag aan ons is om na alle nasies te gaan en dissipels te maak (Matteus 28:19), maar wat beteken dit? Wie is hierdie nasies en hoe maak ons van hulle dissipels? Omdat dit 'n onderwerp is waaroor baie van ons oningelig is en oor wonder, het ons besluit dat hierdie spasie van nou af gebruik gaan word vir sendinghulp. Hier wil ons inligting weergee oor verskillende gelowe/kerkgroepe. Ons sal ook graag vrae beantwoord en wenke gee oor hoe ons presies iemand kan benader wie se geloof van ons s'n verskil. Ons moet eerstens egter ons eie geloof verstaan. Dit is nodig om te besef hoe God ons, sy kinders, geroep en gelei het tot waar ons vandag as Christene staan. God het 'n verbond gesluit met Abraham en hy het die vader van al die gelowiges geword. Hy, sy seun Isak, en sy kleinseun Jakob, staan bekend as die aartsvaders. Nadat Jakob met die engel van die Here gestoei het (Genesis 32:22-32), is sy naam verander na Israel, vandaar die benaming vir sy nageslag : die Israeliete. Een van Jakob se twaalf seuns was Juda, sy nageslag staan bekend as die Jode. Uit die Jode is koning Dawid gebore en vanuit die stam van Dawid is ons Verlosser, Jesus Christus, gebore. Jesus het voor sy hemelvaart een finale opdrag aan sy apostels gegee: "Julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld," (Handelinge 1:8). Nadat Jesus hierdie opdrag gegee het, lees ons van die eerste samekoms van gelowiges in Handelinge 1:13-15. Ons lees van 'n gemeente, baie soos ons dit vandag ken: "Hulle het almal elke dag getrou by die tempel bymekaargekom, van huis tot huis die gemeenskaplike maaltyd gehou ... en God geprys ... En die Here het elke dag mense wat gered word, by die gemeente gevoeg," (Handelinge 2:46-47). Die
eerste keer wat die volgelinge van Jesus Christus Christene
genoem is, Dus, met die genade van die Here, het die getal Christene oor die eeue gegroei en groei dit steeds. Dink net hoe dié getalle kan verander wanneer ek en jy uitgaan en dissipels maak. "In die hele Judea, Galilea en Samaria het die kerk 'n tyd van rus en vrede belewe. Dit het gevestig geraak en in gehoorsaamheid aan die Here gelewe. Die kerk is deur die Heilige Gees versterk, en die ledetal het toegeneem," (Handelinge 9:31). Hieronder is 'n voorbeeld van die tabel soos dit vanaf die volgende uitgawe sal lyk. Ons sal egter elke keer die Gereformeerde Christene3 met ander kerkgroepe in die Christendom en ook met ander gelowe vergelyk: 1
www.adherents.com/Religions_By_Adherents.html
Stuur gerus 'n epos na sending@kruispad.net met enige vrae of opmerkings. |
|||||||||||||||
![]()
© Kruispad 2008
Opgedateer 03 Augustus 2009