|
|
| |
>> Sending
<<
|
||||||||||||||||||||||
![]() |
Artikel:
Islam Skrywer: Juanita Swanepoel & Rineé Viljoen Uitgawe: 9 |
![]()
Al ooit gewonder waar die Islamitiese geloof nou eintlik vandaan kom of wie die belangrikste figuur in dié geloof is, Mohammed of Allah? Islam is die vinnigste groeiende geloof ter wêreld en een waarvan ons, as Christene, nie genoeg weet nie. In vandag se samelewing volg 21.01%* van die wêreld se bevolking hierdie geloof en deur oningelig hieroor te wees, laat ons te veel geleenthede verbygaan waar ons die Goeie Nuus kon verkondig. Kom ons kyk bietjie waar die geloof vandaan kom en waarin hulle glo. Volgelinge van Islam staan as Moslems bekend en volgens die Koran (die Moslems se bron van teologie) word Islam so ver in die geskiedenis teruggevoer as Rubriek verskaf deur Geopende Deure die Ou-Testamentiese Abraham, die vader van die gelowiges. Volgens die Koran was hy ook die eerste Moslem. Die Moslems wys daarop dat hulle deur sy oudste seun, Ismael – die seun van Hagar – met Abraham skakel, terwyl die Christendom deur die jonger seun, Isak – die seun van Sara – met Abraham verbind is. As 'n mens die lyn van Ismael volg, kom jy glo by Mohammed uit. Ons kan egter die bestaan van Islam terugvoer na die geboorte van Mohammed (ongeveer 570 n.C. in Mekka). Sy pa en ma is albei vroeg oorlede en hy het op sesjarige ouderdom by sy oupa gaan woon en later, met sy oupa se dood, by sy oom. Hy is op 25-jarige ouderdom met 'n welaf weduwee getroud. Mohammed was die sentrale figuur in die vestiging van die godsdiens as gevolg van openbaringe wat hy, 'n ongeletterde, gedurende die eerste deel van die sewende eeu n.C. onvang het, en wat na sy dood in een boek, die Koran, versamel is. Islam is 'n godsdiens waarin dié boek 'n baie belangrike rol speel. Hulle beweer dat Mohammed dit direk van Allah af, deur bemiddeling van die engel Gabriël, ontvang het. Later het daar 'n regsisteem en teologie gevolg wat saam met die tradisie 'n Islamitiese beskawing opgebou het. * 2007 Statistieke volgens CIA "The World Factbook".
Stuur gerus 'n epos na sending@kruispad.net met enige vrae of opmerkings. |
|||||||||||||||||
![]()
© Kruispad 2008
Opgedateer 03 Augustus 2009