Julle moet mekaar … wat die Bybel sê
Ons ken almal dié gedeelte in Matteus wat ons vertel hoe belangrik dit is om jou naaste soos jouself lief te hê: “’Meneer,’ vra hy, ‘wat is die grootste gebod in die wet?’Jesus antwoord hom: “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel” en met jou hele verstand. Dit is die grootste en die eerste gebod. En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” In hierdie twee gebooie is die hele wet en die profete saamgevat’” (Matteus 22:36-40).
Het jy al ooit raakgelees hoe baie opdragte ons kry oor hoe ons mekaar moet hanteer? Hier is ’n lys van al die opdragte wat ons in die Nuwe Testament kry wat ons wys hoe om teenoor mekaar op te tree.

Julle moet mekaar liefhê
- Johannes 13:34 “Ek gee julle ‘n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê.”
- Johannes 15:12,17 “Dit is my opdrag: Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet; Dit beveel Ek julle: Julle moet mekaar liefhê!”
Vergewe mekaar
- Efesiërs 4:32 “Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het.”
- Kolossense 3:13 “Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe.”
Wees diensbaar
- Galasiërs 5:13 “Julle, broers, julle is tot vryheid geroep. Moet net nie julle vryheid misbruik as ‘n verskoning om sonde te doen nie, maar dien mekaar in liefde.”
Wees gasvry teenoor mekaar
- 1 Petrus 4:8-10 “Bo alles moet julle mekaar hartlik liefhê, want die liefde bedek baie sondes. Wees gasvry teenoor mekaar sonder om te kla. As goeie bedienaars van die veelvoudige genade van God moet elkeen, namate hy ‘n genadegawe ontvang het, die ander dien.”
Bid vir mekaar
- Jakobus 5:16 “Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die gebed van ‘n gelowige het ‘n kragtige uitwerking.”
Bou mekaar op
- Romeine 14:19 “Laat ons ons dan beywer vir die dinge wat die onderlinge vrede en opbou bevorder.”
- 1 Tessalonisense 5:11 “Praat mekaar moed in en versterk mekaar dan met hierdie woorde, soos julle trouens reeds doen.”
Groet mekaar
- Romeine 16:16 “Groet mekaar met ‘n soen van Christelike broederskap.”
- 1 Petrus 5:14 “Groet mekaar met ‘n soen van Christelike liefde. Vrede vir julle almal wat in Christus is!”
Verdra mekaar
- Efesiërs 4:2 “Wees altyd beskeie, vriendelik en geduldig, en verdra mekaar in liefde.”
- Kolossense 3:13-14 “Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe. Bo dit alles moet julle mekaar liefhê. Dit is die band wat julle tot volmaakte eenheid saambind.”
- Galasiërs 5:15 “Maar julle byt en verskeur mekaar; pas op dat julle mekaar nie later heeltemal verslind nie.”
Moenie mekaar oordeel nie
- Romeine 14:13 “Laat ons mekaar dan nie meer veroordeel nie. Neem julle liewer voor om niks te doen wat jou broer kan aanstoot gee of tot ‘n val kan bring nie.”
Moenie kwaad van ander praat nie
- Jakobus 4:11 “Moenie van mekaar kwaad praat nie, broers. Hy wat van sy broer kwaad praat of sy broer veroordeel, praat kwaad van die wet en veroordeel die wet. En as jy die wet veroordeel, handel jy nie meer volgens die wet nie, maar speel jy regter daaroor.”
Moenie oor mekaar kla nie
- Jakobus 5:9 “Moenie oor mekaar kla nie, broers, sodat julle nie veroordeel word nie. Die Regter staan al voor die deur.”
Moenie ander uitlok of op hulle jaloers wees nie
- Galasiërs 5:26 “Ons moenie verwaand wees, mekaar uittart of op mekaar afgunstig wees nie.”
Aanvaar mekaar
- Romeine 15:7 “Aanvaar mekaar dan, soos Christus julle ook aanvaar het, tot eer van God.”
Leer mekaar
- Kolossense 3:16 “Die boodskap van Christus moet in sy volle rykdom in julle bly. Leer en onderrig mekaar met alle wysheid.”
Help mekaar
- Romeine 15:14 “My broers, ek is self maar alte bewus dat julle vol goeie hoedanighede is en omvattende kennis besit, en dat julle mekaar self op die regte weg kan help.”
Wees onderdanig aan mekaar
- Efesiërs 5:21 “Wees uit eerbied vir Christus aan mekaar onderdanig.”
Moenie vir mekaar lieg nie
- Kolossense 3:9 “ … en moenie vir mekaar lieg nie.”
Wees gaaf met mekaar
- Efesiërs 4:32 “Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het.”
Troos mekaar
- 1 Tessalonisense 4:18 “Troos mekaar dan met hierdie woorde.”
- 1 Tessalonisense 5:11 “Praat mekaar moed in en versterk mekaar dan met hierdie woorde, soos julle trouens reeds doen.”