Ken jy die E100-Bybelleesplan?

Aanvaar die uitdaging en lees saam met miljoene Christene wêreldwyd die Bybel met behulp van die E100 Bybelleesplan.

Wat is E100?
Die E100 Bybelleesuitdaging bevat 100 deeglik uitgesoekte Skrifgedeeltes (50 uit die Ou Testament en 50 uit die Nuwe Testament) wat so saamgestel is dat dit deelnemers ’n goeie begrip gee van die hele Bybel vanaf Genesis tot Openbaring. Die “E” staan vir Essensieel en elkeen van hierdie 100 gedeeltes wissel tussen ’n paar verse tot ’n paar hoofstukke. As dit vir jou onmoontlik lyk om die Bybel van die begin tot die einde deur te lees, volg gerus die E100. Merk die gedeeltes af soos jy vorder. Jy kan enige tyd begin en dit hetsy gebruik vir jou persoonlike Bybelstudie óf saam met ’n Bybelstudiegroep.


Hoe om te begin

  1. Kies ’n Bybel wat jy maklik lees.
  2. Kies ’n tyd en ’n plek om elke dag te lees.
  3. Hou boek van jou vordering deur elke gedeelte af te merk.
  4. Lees saam met ’n vriend of in ’n leesgroep.
  5. Maak dit ’n gesinsprojek.

Besoek E100 se webwerf om meer daaroor te lees.
Jy kan dit ook by YouVersion aflaai om dit op jou selfoon en tablet te lees.


Hier is nog leesplanne wat jy kan volg.

Jy sal ook hou van ...

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui