Skryf vir ons

Is jy net so opgewonde oor Kruispad soos die redaksie? Jy kan vir ons skryf.

Wie kan vir Kruispad skryf?

Kruispad verwelkom bydraes van enigiemand wat iets te sê het wat gelowige jongmense van vandag moet hoor. Jy kan ’n bydrae lewer tot die uitdra van die evangelie en die uitbou van God se koninkryk.

Almal is dus welkom om hul skryfwerk voor te lê aan die Kruispad-redaksie vir moontlike plasing. Die bydraes moet egter inpas by een van die afdelings in die tydskrif, en sal deur die redaksie gekeur word voordat dit geplaas word. Om te verseker dat die inhoud van die tydskrif aan ’n joernalistieke standaard voldoen, word alle bydraes eers deur die redakteur en subredakteur taalversorg en publikasiegereed gekry voordat dit gepubliseer word.

Wat is die aard van die artikels in Kruispad?

Kruispad is op groeiende gelowiges van 16 tot 35 jaar gerig. Dit bevat Reformatoriese inhoud en is gefokus op aktuele sake, om jeug toe te rus om ingeligte keuses te maak, wat tot geloofsgroei lei. Probeer dus om aan hierdie doelwitte te voldoen sodat jou bydrae geplaas kan word.

Stuur jou bydrae, artikel of storie só

Wanneer jy jou bydrae instuur vir moontlike plasing, maak seker dat jy die volgende riglyne volg:

  1. Werk moet as ’n aparte aanhangsel in ‘n WORD-dokument gestuur word.
  2. Stuur jou bydrae aan karin@kruispad.net.
  3. Lengte van werk moet so tussen 400 en 800 woorde wees. Indien jou bydrae langer as 800 woorde is, sal dit deur die taalversorgers gesny word.
  4. Sluit die volgende:
    a) ’n Moontlike opskrif vir jou bydrae (nie verpligtend nie).
    b) ’n Prikkel vir jou bydrae bestaande uit een sin of kort paragraaf (nie verpligtend, maar verkieslik).
    c) Jou skrywersnaam en e-posadres.
    d) Alle creds, verwysings en internetskakels wat jy verlang moet jy aan die onderkant van jou storie aanbring.
  5. Hoewel jongmense nie noodwendig altyd suiwer Afrikaans praat nie, probeer Kruispad altyd om aan goeie taalgebruik gekenmerk te word. Kyk altyd eerder of jy dit wat jy wil sê, in Afrikaans kan sê.

Al die bogenoemde klink miskien baie moeilik en ingewikkeld, maar dit is inderwaarheid nie – so, nou wag ons net vir jou bydraes vir plasing en dan kan almal jou werk lees in Kruispad!

Menings en kopiereg
Menings wat in die artikels uitgespreek word, is telkens dié van die betrokke skrywer en is nie noodwendig dié van die Kruispad-redaksie nie. Die redaksie neem hom egter voor om baie streng te wees dat alle artikels wat aan die Kruispad-lesers gebied word, getrou aan God se Woord sal wees, opbouend vir elke jongmens se verhouding met God sal wees, van goeie smaak sal getuig, en dat daar voortdurend ‘n hoë standaard gehandhaaf sal word.
Kopiereg berus steeds by die skrywer. Kruispad wil egter graag oorspronklike tekste publiseer. Die voorlegging van ‘n artikel of skryfstuk aan Kruispad impliseer dat Kruispad alleenreg op die publikasie van die artikel het. Indien jy graag weer jou artikel êrens in ‘n ander publikasie wil publiseer, moet jy eers die skriftelike toestemming van die Kruispad-redaksie verkry. Dit is dus uiteraard jou as skrywer se verantwoordelikheid om die redaksie mee te deel indien jou artikel reeds in ‘n ander publikasie (van watter aard dan nou ook al) verskyn het.