Seënwense vir die nuwe jaar

Hier is 10 seënwense uit die Bybel wat jy aan jou vriende en familie kan stuur om hulle ’n opregte voorspoedige nuwe jaar toe te wens.


Het jy al ooit gevoel jy wil iets meer as net “Voorspoedige nuwe jaar” of “Hoop jy het ’n mooi jaar!” sê? Die woorde kan soms so sonder opregtheid voel. Ons het 10 seënwense uit die Bybel gekry wat jy aan jou vriende en familie kan stuur om hulle ’n voorspoedige nuwe jaar toe te wens.


Judas 1:2

Mag barmhartigheid, vrede en liefde in oorvloed aan julle geskenk word!


Psalm 20:5

Mag Hy u gee wat u hart begeer en al u voornemens laat geluk.


2 Tessalonisense 3:16

Mag die Here, wat vrede gee, julle altyd in alle opsigte vrede gee! Die Here sal by julle almal wees!


Numeri 6:24-26

Die Here sal julle seën en julle beskerm; die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees; die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee!


Titus 3:15

Almal wat hier by my is, stuur vir jou groete. Gee ons groete aan ons vriende in die geloof. Die genade sal by julle almal wees!


Efesiërs 6:23-24

Vrede vir die broers, en liefde en geloof, van God die Vader en die Here Jesus Christus! Die genade sal by almal wees wat vir ons Here Jesus Christus met onverganklike liefde liefhet.


Openbaring 22:21

Die genade van die Here Jesus sal by almal wees.


1 Tessalonisense 5:23

Mag God, wat vrede gee, julle volkome aan Hom toegewyd maak en julle geheel en al, na gees, siel en liggaam, so bewaar dat julle onberispelik sal wees wanneer ons Here Jesus Christus weer kom!


Filippense 4:7

En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.


Filippense 4:23

Die genade van die Here Jesus Christus sal by julle wees.


Jy sal ook hou van ...

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui