Tuis

Kruispad is ’n jeugtydskrif van die GKSA wat gerig is op jong, groeiende gelowiges. Al die artikels word geskryf om antwoorde uit die Bybel te gee en die Skrif se rigting aan te dui. Die tydskrif is kleurvol en modern en die taal is gemaklik. Kruispad-tydskrif verskyn vier keer per jaar. Jy kan kies tussen gedrukte en digitale uitgawes. Van Julie 2017 tot Junie 2018 is die prys R154 vir vier gedrukte uitgawes en R140 vir vier digitale uitgawes. Op hierdie webwerf kry jy gratis artikels, kan jy meer lees oor Kruispad en gaan jy eersdaags aankope kan doen!