Opmerkings t.o.v: Die 2020-Bybelvertaling is hier!

Deur: Kruispad
In antwoord op Dr Hendrik Kotzé.

Prof Bernard Combrink, die projekleier van die vertaling, beantwoord dié kommentaar so:

Ek vertrou dat dit van waarde vir u mag wees.

Die kommentaar beweer:

Voorbeeld:  “Gehad het” word werklik

vervang met ” had”

’n Soektog deur die hele teks van die 2020-vertaling lewer geen enkele voorbeeld van “had” as ’n alleenstaande woord op nie, dit is jammer dat geen teksvers genoem is nie.

Verder wys ek net weer daarop dat in al die Redaksionele Komitees daar benewens twee of dikwels drie erkende Afrikaanse letterkundiges, daar altyd ook ’n erkende Afrikaanse taalkundige aanwesig was om ’n oog te hou oor die Afrikaans van die vertaling. Trouens, die taalkundige was meestal prof Ernst Kotzé wat baie jare lank lid, en vir 10 jaar voorsitter van die SA Akademie se taalkommissie was.

Wanneer daar enigsins in die Redaksionele Komitee sprake was van argaïese of verouderde woorde, is die Woordeboek van die Afrikaanse Taal en ander bronne geraadpleeg, asook die korpus van miljoene woorde van wat in Afrikaans gepubliseer is, waartoe die taalkundiges wel toegang het.

Verder is daar oor die gebruik van “leenwoorde” of “vreemde terme” daar heelwat navorsing gedoen en ook ‘n meningsopname gedoen onder die lesers van Die Saaier wat oorwegend positief was.

Vir die gebruik van leenwoorde, is dit belangrik om die vertaalopdrag in gedagte te hou:

“Skep ‘n goed verstaanbare, bronteksgeoriënteerde Afrikaanse vertaling van die Bybel wat geskik is vir voorlesing en gebruik in eredienste, asook vir kategese, Bybelstudie en persoonlike gebruik.”

Hierdie opdrag is verder omskryf as ’n vertaling wat ’n getroue weergawe van die betekenis van die bronteks moet wees, terwyl beelde, metafore, styl en struktuur van die bronteks so ver moontlik behou moet word. Die vertaling moet van hoë letterkundige gehalte en goed verstaanbaar wees.

Die 2020-vertaling poog, as ’n direkte vertaling, om die leser eintlik in goeie, maar nie noodwendig algemeen gebruiklike of “moderne” Afrikaans nie, te verplaas in die leefwêreld van die Bybel. Om ’n soortgelyke rede gebruik ook ander vertalings sedert die einde van die twintigste eeu steeds meer sulke ‘vreemde’ terme of leenwoorde wat nie aan die hedendaagse woordeskat ontleen is nie, veral vir titels, mate, gewigte, sekere gebruiksvoorwerpe, ensovoorts. Dit sluit juis aan by ons vertaalopdrag om nie slegs die beelde, metafore, styl en struktuur van die bronteks nie, maar ook die destydse (militêre) range, geldeenhede, mate en gewigte, so ver moontlik in die vertaling te behou.

’n Riglyn wat die Redaksionele Komitees aansienlik gehelp het, is om wel woorde te gebruik wat reeds in die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) opgeneem is. Dit is interessant dat in die voorbeeld uit Mat 27:27 hierbo die woorde ‘prokurator’ en ‘kohort’ reeds in die WAT voorkom. Hoewel ‘pretorium’ nie in die WAT opgeneem is nie, kom

pre´tor (-s)

Romeinse stadhouer, hoogste landdros

pre•to•ri•aan´ (pretoriane)

Lid van die Romeinse keiser se lyfwag. pretoriaans´

in Odendal, F. F. (Die Elektroniese Weergawe van Die Verklarende Handwoordeboek van Die Afrikaanse Taal. Midrand: Perskor Uitgewery, 1994) en in die WAT voor. “Vreemde” terme wat reeds in Afrikaanse woordeboeke opgeneem is, word nie kursief gedruk nie, maar terme aan die brontale ontleen (soos in Ps 88:1) word wel kursief gedruk.

Leenwoorde is dus veral gebruik vir ampsdraers en militêre terme, inhouds- en lengtemate, Hebreeuse en Babiloniese name van maande, Hebreeuse en Griekse geld en veral ook vir sosiokulturele inligting oor die wêreld van die Bybel.

Deur: Dr Hendrik Kotzé
Julle skiet julle gosdiens deur die voet met hierdie “vertaling:.

Voorbeeld:  “Gehad het” word werklik

vervang met ” had”, ñ argaïese woord wat slegs gebruik word deur vertalers wat nie ñ benul het van feit dat niémand meer die woord gebruik of selfs kén nie. Die Bybel word al minder relevant vir Afrikaanses.

Deur: Hoe het die Afrikaanse Bybelvertaling ontstaan? – Kruispad e-tydskrif
[…] Die 2020-Bybelvertaling is hier! […]