Dit gaan goed met die mens

Hoewel daar verskillende maniere is om te sê “dit gaan goed met die mens”, kom dié spesifieke frase veertien keer in die Bybel net so voor. Ken jy die teksverse?

PSALMS 1:1
“Dit gaan goed met die mens wat nie die raad van goddeloses volg nie, nie met sondaars omgaan en met ligsinniges saamspan nie,”

PSALMS 32:1
“’n Gedig van Dawid. Dit gaan goed met die mens wie se oortredings nie gestraf word nie, wie se sonde vergewe word.”

PSALMS 32:2
“Dit gaan goed met die mens vir wie die Here die oortreding nie toereken nie en in wie se gees daar geen valsheid is nie.”

PSALMS 34:9
“Kom ondervind en sien self dat die Here goed is! Dit gaan goed met die mens wat by Hom skuil.”

PSALMS 40:5
“Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel en hom nie wend tot duister magte en tot mense wat hulle met skyngode ophou nie.”

PSALMS 41:2
“Dit gaan goed met die mens wat omsien na die swakke. Die Here sal hom red op die dag van nood,”

PSALMS 65:5
“Dit gaan goed met die mens vir wie U uitkies en laat naderkom om in u tempel te bly. Laat ons die goeie dinge in u huis in oorvloed geniet, die goeie dinge in u heilige woning.”

PSALMS 84:13
“Here, Almagtige, dit gaan goed met die mens wat op U vertrou!”

PSALMS 94:12
“Dit gaan goed met die mens wat deur U opgevoed word, Here, vir wie U onderrig in u word”

PSALMS 146:5
“Dit gaan goed met die mens wat sy hulp van die God van Jakob ontvang, die mens wie se hoop gevestig is op die Here, sy God.”

SPREUKE 3:13
“Dit gaan goed met die mens wat wysheid gevind het, wat insig as sy deel ontvang het,”

JESAJA 56:2
“Dit gaan goed met die mens wat die sabbat onderhou en dit nie ontheilig nie, wat sorg dat hy niks verkeerds doen nie. Dit gaan goed met die mens wat hom hieraan hou.”

JEREMIA 17:7
“Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel, die mens vir wie die Here ‘n veilige vesting is;”

JOB 5:17
“Dit gaan goed met die mens wat deur God tereggewys word. Jy moet nie die bestraffing van die Almagtige verontagsaam nie.”

Jy sal ook hou van ...

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui