Kies een van hierdie 5 Bybelleesplanne
Is jy baie besig? Wil jy graag die Bybel deurlees? Weet jy waar om te begin en hoe om dit te doen? Dit is die probleem, soms het jy net nie ’n wegspringplek nie en ook nie ’n roete om te volg nie. Dit is waarvoor ’n Bybelleesplan daar is. Jy kan elke dag sien wat jy moet lees en hoe jy vorder. Die allerbeste is – jy sal en kan dit regkry om die hele Bybel deur te lees!
Dié vyf leesplanne wat hier bespreek word, is maar net ’n druppel in die emmer.
Prof. Horner se Bybelleessisteem
In hierdie sisteem gaan jy 10 hoofstukke op ’n dag in verskillende boeke van die Bybel lees, in agt maande. Jy kry ’n goeie oorsig oor die Bybel en begin die geheelbeeld raaksien. Dit is groot gedeeltes wat elke dag gelees moet word. Die sisteem is dus nie ontwikkel om jou te help om dieper in die Bybel te delf nie. Jy gaan voel dat jy net lees om deur te lees.
’n Populêre en baie bekende leesplan. Daar is daagliks gedeeltes wat jy uit die Ou Testament, Nuwe Testament, Psalms en Spreuke gaan lees. Die hoeveelheid wat jy per dag lees behoort jou nie meer as 15 minute te neem nie. Kyk ook gerus na hierdie leesplan by YouVersion.
Die Bybel word in die volgorde gelees soos die geskiedenis verloop en die volgorde waarin die boeke en briewe geskryf is. ’n Goeie voorbeeld is dat Job na die begin van die skepping geleef het, maar voor die geboorte van Abraham en daarom is Job by Genesis ingesit.
Hierdie webblad het drie leesplanne waaruit jy kan kies. As jy die hele Bybel in een jaar wil deurlees gaan dit as volg werk: Jy lees vir 6 dae en dan op die sewende dag kan jy inhaal of weer iets lees wat jy beter wil verstaan. Elke dag het twee gedeeltes, een uit die Ou Testament en die ander uit die Wysheidsboeke of die Nuwe Testament. Hulle het die plan ontwerp om die hoeveelheid wat jy lees te balanseer en ’n gedeelte elke dag in te sluit wat makliker is om te verstaan en toe te pas in jou lewe. Hulle het ook video’s wat jy kan kyk wat kortliks ’n oorsig oor die Bybelboek gee.
E100 staan vir die Essensiële 100 gedeeltes uit die Bybel wat gekies is vir jou om te lees. Daar is 50 gedeeltes uit die Ou Testament en 50 uit die Nuwe Testament. Die gedeeltes is gewoonlik so twee hoofstukke lank en kan maklik in 10 minute gelees word. Die Bybelgenootskap gee die E100-pamflet uit. Jou gemeente kan dit bestel om mense aan die begin van die jaar te motiveer om hulle Bybel te lees. Jy kan ons artikel oor die E100 hier lees.
Gaan kyk ook gerus na die leesplanne wat die Bybelgenootskap het, hier.
Eenjaar bybel leesplan asb
Hallo Gerda, hier is ’n paar skakels wat jy kan probeer: http://albertonsuid-media.co.za/een-jaar-bybel-lees-program/ en https://www.bible.com/af/reading-plans/64-reading-gods-story. Lees ook gerus ons artikel: https://www.kruispad.net/kies-n-bybelleesplan/.