Kry jou Bybel, pen en notaboek

Jy kan self besluit hoe maklik of ingewikkeld jy jou daaglikse Bybelstudietyd wil maak. Daar is baie verskillende metodes wat voorgestel word om Bybelstudie te doen, of jy kan vir jou ’n boek kry om jou te help. “Die verskil tussen lees en studeer kom neer op een faktor: skryf. Ongeag van watter Bybelstudiemetode die beste vir jou werk, is die eerste reël wanneer jy die Bybel bestudeer dat jy ’n pen en ’n notaboek byderhand moet hê” (Andy Deane).

Trek jou Bybel, pen en notaboek nader en probeer hiérdie eenvoudige metode. Al wat jy moet doen is om ’n gedeelte te kies en dan die vrae vir jouself te beantwoord.


Klik hier om dié Bybelstudie-bladsy af te laai om dié vrae daarop te beantwoord.


1. Wie?

Wie het die gedeelte geskryf wat jy lees? Vir wie word daar geskryf? Oor wie gaan die gedeelte?

2. Waar?

Staan daar iets geskryf oor waar die gebeure plaasvind? Is daar ’n stad, dorp, provinsie wat genoem word?

3. Wanneer?

Staan daar iets geskryf oor die tyd, dag, maand of jaar? Skryf ook neer wanneer dit gebeur in terme van ander gebeure in die Bybel: Is dit in die Ou of Nuwe Testament? Voor Jesus se opstanding en hemelvaart, of na dit?

4. Wat?

Kyk nou spesifiek na wat daar staan. Probeer om in een of twee sinne op te som wat jy gelees het. Watter woorde of idees word herhaal en beklemtoon?

5. Hoekom?

Hoekom dink jy het die Heilige Gees die skrywer gelei om dié gedeelte te skryf? Hoekom dink jy is dit in die Bybel opgevat? Bepaal wat die doel vir die gedeelte is, byvoorbeeld: gee dit ’n instruksie, of is dit inligting?

6. Hoe?

Hoe kan hierdie gedeelte verander hoe jy vandag lewe? Hoe het dit jou lewensuitkyk verander?

Jy sal ook hou van ...

3 Responses

  1. Deidre Le Roux sê:

    Ek wil graag inteken op maandelike nuusbrief

  1. 30th Junie 2020

    […] Kry jou Bybel, pen en notaboekKry hier nog ’n voorstel vir jou daaglikse Bybelstudie! […]

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui