Keer jou tong
Wonder jy of jy iets moet sê? Praat jy te veel? Hier is 15 keer wanneer jy eerder moet stilbly as om te praat.
- As jy kwaad is
“Wie kort van draad is, begaan dwaashede; ‘n agterbakse mens maak hom gehaat” (Spreuke 14:17). - As jy nie al die feite het nie
“Wie antwoord voor hy die vraag gehoor het, is dwaas en kom in die skande” (Spreuke 18:13). - As jy nie die hele storie ken nie
“Die terdoodveroordeling mag net plaasvind op die eenparige getuienis van twee of drie getuies, nie op dié van net een nie” (Deuteronomium 17:6). - As jy later gaan skaam kry vir jou woorde
“Elke woord uit my mond kan die toets deurstaan, nie een het ‘n verkeerde of vals bedoeling nie” (Spreuke 8:8) - As jou woorde die verkeerde indruk kan laat
“Wie die kennis het, kan spaarsaam met sy woorde wees; ‘n mens met insig bly kalm” (Spreuke 17:27). - As die saak niks met jou uit te waai het nie
“Net ‘n mens self ken die bitterheid van sy eie gemoed, en ook in sy vreugde kan niemand anders voluit deel nie” (Spreuke 14:10). - As jy in die versoeking kom om te lieg
“Weerhou jou van leuens, moenie mense mislei nie” (Spreuke 4:24) - As jou woorde iemand se reputasie gaan kwaad aandoen
“‘n Kwaadwillige mens bring net teenspoed; wat hy sê, is soos ‘n verterende vuur” (Spreuke 16:27). - As jy nie kan praat sonder om te skree nie
“‘n Stad sonder ‘n muur om hom te beskerm, so weerloos is ‘n mens as hy nie selfbeheersing het nie” (Spreuke 25:28). - As jy eintlik moet luister
“‘n Wyse seun laat hom leer deur sy vader, ‘n ligsinnige slaan nie eens op dreigemente ag nie” (Spreuke 13:1). - As jy dit al meer as een keer gesê het
“‘n Dwase seun is sy vader se ondergang; die gekyf van ‘n vrou is soos die gedrup uit ‘n dak wat lek” (Spreuke 19:13). - As jy in die versoeking kom om ‘n slegte mens te vlei
“‘n Regter wat ‘n skuldige onskuldig verklaar, sal deur die hele bevolking vervloek word, deur almal verwens word” (Spreuke 24:24). - As jy eintlik veronderstel is om te werk
“Harde werk bring beloning; om net te praat, bring gebrek” (Spreuke 14:23). - As jy sommer net krities is
“Met die tong loof ons die Here en Vader, en met die tong vloek ons die mense wat as die beeld van God gemaak is” (Jakobus 3:9). - As jy iets as lig en onbelangrik afmaak
“Moenie te gou praat nie, moenie oorhaastig ‘n belofte aan God maak nie, want Hy is in die hemel en jy op die aarde. Laat jou woorde daarom min wees. Baie doenigheid bring drome, baie praat lei tot onverstandige woorde” (Prediker 5:2).