Bybelstudieboek oor Johannes: Volg jy My


Die Deputate Jeugsorg van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika het al ’n paar van hierdie Bybelstudieboeke gedruk en uitgegee. Nou wil ons dit aan almal gratis beskikbaar maak.

Johannes is ’n baie bekende boek in die Nuwe Testament, maar in hierdie Bybelstudieboekie delf ons dieper in élke hoofstuk. Johannes vertel die gebeure van Jesus se bediening in ’n spesifieke orde, en hy kies die spesifieke gebeure met ’n spesifieke doel: Die gebeure blyk vir ons dalk terloops te wees, maar elkeen het ’n dieper betekenis waarmee die Here sy evangelie verkondig.

Ons vertrou dat jou geloof deur hierdie Bybelstudieboek versterk sal word.


Kies tussen die volkleurboekie en die swart-en-witboekie. Dié boek is 84 bladsye lank. Jy kan die pdf uitdruk of direk op jou rekenaar of tablet lees. Gebruik die skakels onder hierdie instruksies om die boekie af te laai:


Wenk vir drukwerk: Gebruik die drukker se booklet-opsie. Dié boek is uitgelê as ’n A5-grootte, wat beteken dat hierdie boekie van 84 bladsye dan net 21 bladsye sal gebruik wat weerskante gedruk word. Sou jy ’n kleurweergawe in hoë resolusie benodig, stuur gerus ’n e-pos en ons stuur dit.


Jy sal ook hou van ...

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui