Bybelstudies oor 1 Timoteus: Kerk 101

In hierdie Bybelstudies kyk ons na Paulus se eerste brief aan Timoteus waar hy by die gemeente Efese werksaam is. Paulus gee self die rede hoekom hy hierdie brief aan Timoteus skryf: “Ingeval my koms vertraag word, sal jy dus weet hoe iemand hom moet gedra in die huisgesin van God, dit is die gemeente van die lewende God” (1 Timoteus 3:15). 

Net soos Paulus hierdie beginsels vir Timoteus gegee het vir die gemeente waar hy was, is die inligting ook op ons gemeentes van toepassing. Elkeen van ons het ’n rol in die gemeente. In hierdie Bybelstudies sien ons wat dié verskillende rolle is, en hoe ons ons gawes daarin kan uitleef.


Dié boek is 52 bladsye lank. Jy kan die pdf uitdruk of direk op jou rekenaar of tablet lees. Gebruik die skakels onder hierdie instruksies om die boekie af te laai:


Wenk vir drukwerk: Gebruik die drukker se booklet-opsie. Dié boek is uitgelê as ’n A5-grootte, wat beteken dat hierdie boekie van 52 bladsye dan net 13 bladsye sal gebruik wat weerskante gedruk word. Sou jy ’n kleurweergawe in hoë resolusie benodig, stuur gerus ’n e-pos en ons stuur dit met WeTransfer.


Jy sal ook hou van ...

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui