Sela: Bybelstudies oor die Psalms

Ontdek die wonderlike woorde wat God aan jou gee om Hom te dien. Hierdie Bybelstudies oor die Psalms sal jou opnuut laat besef wat jy lees – en sing.

Die Deputate Jeugsorg van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika het ’n paar van hierdie tipe Bybelstudieboeke gratis beskikbaar. Klik hier om al die boeke te sien.


In die Psalms gee die Here vir ons die woorde wat ons moet gebruik in ons verhouding met Hom en waarmee ons Hom kan verheerlik, ongeag watter emosie ons beleef. Vir tye van groot blydskap en vreugde is daar Psalms wat sy lof besing. Vir tye van droefheid oor jou omstandighede is daar Psalms wat uitroep tot God. Vir tye van berou oor jou sonde is daar Psalms wat aan jou woorde gee waarmee jy jou skuldbelydenis voor God kan doen.

Ons sing ook die Psalms in die erediens. Van hulle is vir ons bekender as ander. Ons kan hulle sing sonder om die woorde in die Psalmboek te lees of op die skerm te volg. Hoewel ons die woorde ken, oordink ons nie altyd wat ons sing nie, of verstaan ons nie altyd wat ons sing nie. Daarom is hierdie Bybelstudieboekie opgestel om jou te help om die Psalms wat jy lees, en veral gereeld sing, beter te verstaan.

Ons glo dat die Here hierdie boekie op so ’n wyse sal gebruik dat jy Hom nóg beter kan leer ken en daarom meer sal loof. “Laat alles wat asemhaal, die Here prys! Prys die Here!” (Psalm 150:6)


Dié boek is 52 bladsye lank. Jy kan die pdf uitdruk of direk op jou rekenaar of tablet lees. Gebruik die skakels onder hierdie instruksies om die boekie af te laai. Kies tussen die volkleurboekie en die swart-en-witboekie:


Wenk vir drukwerk: Gebruik die drukker se booklet-opsie. Dié boek is uitgelê as ’n A5-grootte, wat beteken dat hierdie boekie van 52 bladsye dan net 13 bladsye sal gebruik wat weerskante gedruk word. Sou jy ’n kleurweergawe in hoë resolusie benodig, stuur gerus ’n e-pos en ons stuur dit.


Jy sal ook hou van ...

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui