Bybelstudies oor Efesiërs: ’n Nuwe lewe
Die Deputate Jeugsorg van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika het ’n paar van hierdie tipe Bybelstudieboeke gratis beskikbaar. Klik hier om al die boeke te sien.
Efesiërs is ’n baie spesiale boek in die Bybel. Boonop was dit die bekende hervormer Calvyn se gunsteling boek. Efesiërs verkondig deurlopend God se genade. Dit vertel hoe alle mense dood is in hul sonde en oortredings; hoe God deur sy groot genade en liefde gelowiges saam met Christus lewend maak; hoe Hy gelowiges uit verskillende volke en agtergronde met mekaar versoen en één maak; en hoe ons nou uit dankbaarheid vir Hom moet lewe – in alle fasette van ons lewens.
As jy ’n kind van die Here is, kan hierdie Bybelstudies jou weer laat besef hoe groot God se genade werklik is. As jy nog nie Christus as jou Here en Verlosser bely nie, hoop en bid ons dat God hierdie boekie as instrument sal gebruik om jou tot ‘n lewende geloof te bring.
Ons glo dat die Here hierdie boekie op so ’n wyse sal gebruik dat jy Hom nóg beter kan leer ken (Efesiërs 1:17).
Dié boek is 52 bladsye lank. Jy kan die pdf uitdruk of direk op jou rekenaar of tablet lees. Gebruik die skakels onder hierdie instruksies om die boekie af te laai. Kies tussen die volkleurboekie en die swart-en-witboekie:
Wenk vir drukwerk: Gebruik die drukker se booklet-opsie. Dié boek is uitgelê as ’n A5-grootte, wat beteken dat hierdie boekie van 52 bladsye dan net 13 bladsye sal gebruik wat weerskante gedruk word. Sou jy ’n kleurweergawe in hoë resolusie benodig, stuur gerus ’n e-pos en ons stuur dit.
1 Response
[…] Bybelstudies oor Efesiërs: ’n Nuwe lewe […]