Bybelstudieboek: Groot vrae uit Genesis

Kry in hierdie Bybelstudieboek antwoorde op 15 lewensvrae wat vanuit Genesis 1 tot 11 beantwoord word.

Die Deputate Jeugsorg van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika het nou al ’n paar Bybelstudieboeke gedruk en uitgegee. Nou wil ons dit aan almal gratis beskikbaar maak.

Hierdie boek gaan oor groot geloofsvrae wat vanuit Genesis beantwoord word. Ons nooi jou hartlik uit om met hierdie Bybelstudies jou in die eerste 11 hoofstukke van Genesis te verdiep. In elke Bybelstudie het ons een groot vraag uitgelig wat deur die gedeelte beantwoord word. Maar jy leer ook meer oor die gedeelte wat jy lees sodat jy uiteindelik al elf hoofstukke volledig deurwerk.

Ons vertrou dat jy in hierdie Bybelstudieboek antwoorde op van jou geloofsvrae sal kry en jou geloof daardeur versterk sal word.


Kies tussen die volkleurboekie en die swart-en-witboekie. Dié boek is 68 bladsye lank. Jy kan die pdf uitdruk of direk op jou rekenaar of tablet lees. Gebruik die skakels onder hierdie instruksies om die boekie af te laai:


Wenk vir drukwerk: Gebruik die drukker se booklet-opsie. Dié boek is uitgelê as ’n A5-grootte, wat beteken dat hierdie boekie van 68 bladsye dan net 17 bladsye sal gebruik wat weerskante gedruk word. Sou jy ’n kleurweergawe in hoë resolusie benodig, stuur gerus ’n e-pos en ons stuur dit.


Jy sal ook hou van ...

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui