10 Maniere om liefde te wys
1 Luister sonder onderbreking
“Wie antwoord voor hy die vraag gehoor het, is dwaas en kom in die skande” (Spreuke 18:13).
2 Praat sonder rusie
“My liewe broers, dít moet julle in gedagte hou: elke mens moet maar te gewillig wees om te luister, nie te gou praat nie en nie te gou kwaad word nie” (Jakobus 1:19).
3 Gee sonder suinigheid
“Die regverdige kan gee sonder om suinig te wees” (Spreuke 21:26).
4 Bid sonder ophou
“van die dag af dat ons van julle gehoor het, hou ons ook nie op om vir julle te bid nie” (Kolossense 1:9).
5 Praat sonder stry
“Liewer ’n stukkie droë brood met vrede daarby as ’n huis vol kos met ’n getwis daarby” (Spreuke 17:1).
6 Deel sonder voorgee
“Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het” (Efesiërs 4:32).
7 Geniet sonder kla
“Doen alles sonder kla of teëpraat” (Filippense 2:14).
8 Meelewing sonder ophou
“Dra mekaar se laste, en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus” (Galasiërs 6:2).
9 Vergewe sonder straf
“vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe” (Kolossense 3:13).
10 Belowe sonder vergeet
“’n Verwagting wat nie uitkom nie, maak ’n mens mismoedig; ’n begeerte wat vervul word, bring nuwe lewe” (Spreuke 13:12).