Hoogtepunte uit 5 jaar van Kruispad

Kruispad e-tydskrif is vyf jaar oud hierdie maand. Kyk saam ons terug na van ons en Kruispad-lesers se gunstelinge.


Die eerste Kruispad e-tydskrif soos jy dit nou ken is in Februarie 2019 uitgegee. Die tema was die liefde – liefde vir God, liefde vir jou naaste. En die lekkerste van die internet – jy kan dit nog gaan lees, hier.

Die Kruispad e-tydskrif kom elke maand, op die eerste Woensdag van die maand uit. In die laaste vyf jaar het ons dus al ’n ongelooflike 60 temas gehad!

’n Gunsteling tema uit elke jaar

Dis natuurlik baie moeilik om te kies, maar hier is die Kruispad-redaksie se voorstelle vir gunsteling temas – een vir elkeen van die vyf jare.

1. 2019: Respek

In die Mei 2019-uitgawe het ons gekyk na die respek wat ons moet hê vir ons naaste, vir God, en vir die owerheid. Dit was juis in ’n verkiesingsjaar. En, die grootste les hier was sekerlik dat jy nie net moet kla oor jou owerheid nie, maar moet bid daaroor! Sekerlik toepaslik met die dat ons weer in ’n verkiesingsjaar is. Lees al die artikels hier.

2. 2020: Verlies en troos

Die jaar 2020 sal ons nooit vergeet as ’n jaar van groot opskuddings. In die September 2020-uitgawe het ons gefokus op verlies; hoe ’n begrafnis van ’n gelowige lyk, en hoe ons troos kan vind as gelowiges. Hierdie maand het ook ons mees geleesde artikel op die hele webwerf oor alle tyd – 10 Teksverse om jou tydens verlies te troos. Lees dit hier.

3. 2021: Die Onse Vader

Vir elke maand se tema probeer ons ses artikels saamstel wat die tema vanuit ’n ander perspektief bekyk. Maart 2021 het ons ’n artikel gedoen oor elkeen van die ses bedes wat die Onse Vader uitmaak. Kry al die artikels hier.

4. 2022: Ek is-uitsprake in Johannes

Soortgelyk aan ons gunsteling van 2021, het ons in Maart 2022 oor elkeen van die Ek is-uitsprake in Johannes ’n artikel gedoen om dit beter te verstaan. Dit was voor Paasfees, en ’n wonderlike manier om meer oor Jesus Christus te leer. Lees al die artikels hier.

5. 2023: Fokus

Die uitgawe van April 2023 was ’n baie lekker een. Ons het gekyk na wat mens fisies sien, en wat jy geestelik sien; waarop jy jou lewe rig en hoe om jou fokus op God te rig én daar te hou. Jy kan dié maand se artikels hier lees.


Kruispad-lesers se top vyf artikels

Ons het gaan kyk wat die om en by 57 000 users wat op kruispad.net was die afgelope jaar se vyf gunsteling artikels.

  1. 10 Teksverse om jou tydens verlies te troos. Lees dit hier.
  2. Hoe vier ’n gelowige Kersfees? Lees die artikel hier.
  3. Die tien gebooie in die Nuwe Testament. Lees hier.
  4. Die uitstorting van die Heilige Gees. Lees hier.
  5. Wat beteken dit dat ek ’n rentmeester is? Lees die artikel hier.

Die groei van Kruispad e-tydskrif

Een van die maniere hoe ons, ons groei kan meet is om te kyk hoeveel mense op ons maandelikse e-tydskrif ingeteken is. In Februarie 2019 het ons begin met 442 intekenaars. Nou, Februarie 2024, kan ons met trots sê dat ons 4082 intekenaars het. Dis sommer amper 10 keer meer in net 5 jaar!

Is jy ingeteken? As jy nie is nie, volg hierdie skakel en maak seker jy mis nie uit op die Kruispad maandelikse e-tydskrif nie!


Volg Kruispad e-tydskrif op Facebook

’n Ander manier waarop ons die groei kan volg is op Facebook. Op ons Facebook-blad plaas ons al die artikels sowel as teksverse. Volg hierdie skakel na ons Facebook-blad as jy ons nog nie like nie.

In Februarie 2020 was ons op 4 927 Facebook-likes, en nou 4 jaar later op 8 599.


Jy sal ook hou van ...

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui