10 Teksverse om jou tydens verlies te troos

Vind troos en ontferming in hierdie woorde uit die Bybel wanneer jy die dood van ’n geliefde probeer verwerk.

As Christene moet ons elke dag op aarde uitsien na die ewige lewe. Dit is tog waarna ons streef, om na ons Vader in die hemel te gaan. Dit beteken egter nie dat dit nié moeilik is om die dood van ’n geliefde te verwerk nie. Lees hierdie teksverse om troos en ontferming uit die Woord van God te kry.


Psalm 73:26

Al is ek afgetakel na liggaam en gees, God is my sterkte; aan Hom behoort ek vir altyd.


Johannes 11:25-26

Toe sê Jesus vir haar: “Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterwe hy ook; en elkeen wat lewe en in My glo, sal in alle ewigheid nooit sterwe nie. Glo jy dit?”


2 Korintiërs 4:17-18

Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby, maar dit loop vir ons uit op ’n heerlikheid wat alles verreweg oortref en wat ewig bly. Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.


Romeine 14:8

As ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here. Of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here.


1 Tessalonisense 4:13-14

Ons wil hê, broers, dat julle nie onkundig moet wees oor wat met die ontslapenes gaan gebeur nie. Dan sal julle ook nie treur nie, soos die ander mense wat geen hoop het nie. Ons glo immers dat Jesus gesterwe maar ook opgestaan het. Net so glo ons ook dat God saam met Jesus die ontslapenes wat in Hom geglo het, na Hom toe sal neem.


Matteus 5:4

Geseënd is dié wat treur, want hulle sal vertroos word.


Johannes 14:27

Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie.


Romeine 8:18

Ek is daarvan oortuig dat die lyding wat ons nou moet verduur, nie opweeg teen die heerlikheid wat God vir ons in die toekoms sal laat aanbreek nie.


Psalm 34:19

Die Here is naby die gebrokenes, Hy help die moedeloses.


1 Korintiërs 15:54

En wanneer hierdie verganklike liggaam met die onverganklike beklee is, en hierdie sterflike liggaam met die onsterflike, dan sal die woord wat geskrywe staan, vervul word: “Die dood is vernietig, die oorwinning is behaal.”


Jy sal ook hou van ...

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui