10 Bybelverse oor tyd en ewigheid
Prediker 3 is sekerlik een van die bekendste gedeeltes oor tyd. Dit leer ons dat daar ’n tyd vir elke ding op aarde is. Soos Prediker 3:2 sê: “daar is ‘n tyd om gebore te word, ‘n tyd om te sterwe, ‘n tyd om te plant, ‘n tyd om plante uit te trek”. Dis iets waaraan mens veral dink as die seisoen draai. Maar ons moet ook groter dink; ons moet dink aan wat werklik in hierdie lewe saak maak. Daar is so baie dinge waaraan ons tyd spandeer wat te make het met hierdie lewe op aarde, terwyl ons, ons oë op die ewige lewe moet rig.
Lees hierdie 10 Bybelverse oor tyd en sien wat die Bybel daaroor sê.
PREDIKER 3:1
Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd
PREDIKER 3:11
God het elke ding gemaak dat dit pas in ‘n bepaalde tyd, maar Hy het ook aan die mens ’n besef gegee van die onbepaalde tyd. Tog kan die mens die werk van God van begin tot einde nie begryp nie.
JOHANNES 9:4
So lank as dit nog dag is, moet ons die werk doen van Hom wat My gestuur het; die nag kom, wanneer niemand kan werk nie.
SPREUKE 21:5
Wat hardwerkende mense beplan, is nuttig, maar elkeen wat oorhaastig is, stuur af op gebrek.
SPREUKE 27:1
Moenie roem oor wat jy môre verwag nie; jy weet nie wat die dag sal oplewer nie.
PSALMS 31:16
My tye is in u hand. Red my uit die hande van my vyande en vervolgers!
ROMEINE 13:11
En dit alles is nodig omdat julle weet hoe laat dit al is. Die uur is reeds daar dat julle uit die slaap moet wakker word, want die tyd van ons finale verlossing is nou nader as toe ons tot die geloof gekom het.
MARKUS 13:32-33
Maar niemand weet wanneer daardie dag en uur kom nie, selfs nie die engele in die hemel nie en ook nie die Seun nie. Net die Vader weet dit. Wees op julle hoede; wees waaksaam, omdat julle nie weet wanneer die tyd daar is nie.
1 TESSALONISENSE 5:1-2
Oor die tyd en omstandigheid wanneer hierdie dinge sal gebeur, is dit nie nodig om aan julle te skrywe nie, broers. Julle weet self maar alte goed dat die dag van die Here onverwags kom soos ‘n dief in die nag.
JAKOBUS 4:13-14
Kom nou, julle wat sê: “Vandag of môre sal ons na dié en dié stad toe gaan en ‘n jaar lank daar bly; ons sal sake doen en geld maak.” Julle wat nie eers weet hoe julle lewe môre sal wees nie! Julle is maar ‘n damp wat ‘n oomblik verskyn en sommer weer verdwyn.