Dagboek van Goeie Vrydag
Ses verhore in een dag. Hier is die gebeure van Goeie Vrydag in ’n dagboek.
1:30 – 3:00 – Jesus se inhegtenisname in die Tuin waartydens Simon Petrus, Malgus se oor afkap.
Jesus se eerste verhoor, voor Annas, ‘n voormalige Joodse Hoëpriester van 16 jaar waartydens Jesus sy aanvanklike fisiese mishandeling ontvang.
Jesus se tweede verhoor, voor Kajafas, die Joodse Hoëpriester, en die Joodse raad, Jesus word daar verder mishandel.
3:00 – 5:00 – Jesus word gevange gehou by Kajafas se paleis.
5:00 – 6:00 – Jesus se derde verhoor, voor die hele Joodse raad, insluitende die Hoëpriester en skrifgeleerdes. Hulle besluit om die Romeinse regering te vra oor Jesus se lot.
6:00 – 7:00 – Jesus se verhoor (vierde) voor die Romeinse goewerneur Pontius Pilatus, wat openlik verkondig dat hy geen skuld in die Man voor hom vind nie.
7:00 – 7:30 – Jesus se vyfde verhoor, dié keer voor Herodes. Jesus het geweier om aan sy versoeke en vrae te voldoen en is weer terug na Pontius Pilates gestuur.
07:30 – 08:30 – Jesus se sesde en laaste verhoor, Pontius Pilates probeer Jesus se lewe spaar en probeer hom vrylaat, maar die massas kies ’n moordenaar met die naam Barrabas bo Jesus. Hy probeer deur fisiese mishandeling voldoen aan die Joodse leiers se vraag, maar gee in en gee later die bevel vir Jesus se Kruisiging. Pontius Pilates was sy hande in onskuld.
08:30 – 09:00 – Romeinse soldate neem Jesus na die Paleis se binnehof waar hy verder gemartel word en ’n gevlegte doringkroon op sy kop gedruk word.
09:00 – 12:00 – Jesus dra sy kruis deur die via dolorosa (weg van smart) na Golgota en word gekruisig.
12:00 – 15:00 – Drie-uur donkerte oor die aarde en die voorhangsel van die tempel skeur.
15:00 – Jesus sterf! Sy liggaam word voor sonsondergang na die graf geneem.
Vertaal en verwerk uit artikel van JesusCentral.com
