Wat sê die Bybel oor keuses?

Daar is nie een enkele oomblik van enige dag wat jy nie besig is om ’n keuse te maak nie! Wat leer die Here jou uit sy Woord van keuses?


Romeine 9:22-23

En as God dieselfde wou doen? Hy wou sy toorn laat sien en sy mag bekend maak. Daarom het Hy die voorwerpe van sy toorn, die mense wat reg was om verdelg te word, met groot geduld verdra. So sou Hy ook die rykdom van sy heerlikheid bekend maak oor die voorwerpe van sy ontferming, die mense wat Hy vantevore uitverkies het om aan sy heerlikheid deel te hê.

  • Wat leer die Bybel ons van God en keuses?
  • Hoekom het God keuses gemaak?

Genesis 1:27

God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep.

  • Wat beteken “as beeld van God” in terme van keuses?
  • Wat leer ons van die wil van die mens?

Genesis 2:19

Die Here God het toe uit grond al die wilde diere en al die voëls gevorm en na die mens toe gebring om vas te stel hoe hy elkeen sou noem; en wat die mens elke lewende wese sou noem, dit sou sy naam wees.

  • Waarvoor moes die mens sy vermoë om keuses te kan maak gebruik?

Psalm 119:10

Ek wil aan U gehoorsaam wees met my hele hart, laat my nie afwyk van u gebooie nie.

  • Wat gee die Here aan ons om ons te help met ons keuses?

Jy sal ook hou van ...

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui