Wat sê die Bybel oor respek?

Daar is baie verse in die Bybel wat oor eer en respek gaan. In die algemeen sien ons dat respek altyd ’n goeie ding is – én dat dit belangrik is.
As jy aan respek dink, assosieer jy dit gewoonlik met woorde soos eer, aansien, agting en bewondering. As jy respek nóg beter wil verstaan, dink aan wat dit nié is nie. Disrespek is wanneer jy nié iemand anders se waarde erken nie, die eer weghou wat hulle toekom, of as jy iemand aktief verneder of verag.
Die Bybel verwys na vier kategorieë wat respek moet ontvang: ouer mense, gesagsfigure, Jesus Christus en die mensdom in die algemeen. Hierdie 10 teksverse uit die Bybel sal jou meer leer:

1. Levitikus 19:32

Uit eerbied vir jou God moet jy eerbied bewys aan oumense en hulle met respek behandel. Ek is die Here.


2. 1 Timoteus 5:1

’n Ouer man moet jy nie skerp teregwys nie, maar vermaan asof hy jou vader is.


3. 1 Petrus 2:17

Julle moet alle mense respekteer en julle medegelowiges liefhê. Vrees God. Eer die keiser.


4. 1 Tessalonisense 5:12-13

Erken die mense wat so hard onder julle werk en julle in opdrag van die Here lei en teregwys. Betoon in liefde die hoogste agting aan hulle ter wille van hulle werk.


5. Hebreërs 12:9

Verder, ons het ons aardse vaders gehad wat ons getug het, en ons het vir hulle eerbied gehad. Sal ons ons nie nog des te meer aan die hemelse Vader onderwerp en lewe nie?


6. Eksodus 20:12

Eer jou vader en jou moeder, dan sal jy lank bly woon in die land wat die Here jou God vir jou gee.


7. Efesiërs 5:33

Elkeen moet sy vrou so lief hê soos hy homself liefhet, en ‘n vrou moet aan haar man eerbied betoon.


8. 1 Petrus 2:18

Bediendes, onderwerp julle met die nodige ontsag aan julle werkgewers, of hulle nou goedhartig en vriendelik is, of onredelik.


9. Romeine 12:10

Betoon hartlike broederliefde teenoor mekaar; bewys eerbied teenoor mekaar en wees mekaar daarin tot voorbeeld.


10. 1 Petrus 3:15

In julle harte moet daar net heilige eerbied wees vir Christus die Here.

Jy sal ook hou van ...

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui