Notice: Function _load_textdomain_just_in_time was called incorrectly. Translation loading for the nimble-builder domain was triggered too early. This is usually an indicator for some code in the plugin or theme running too early. Translations should be loaded at the init action or later. Please see Debugging in WordPress for more information. (This message was added in version 6.7.0.) in /chroot/home/uxmccdkf/kruispad.net/html/wp-includes/functions.php on line 6121

Notice: Function _load_textdomain_just_in_time was called incorrectly. Translation loading for the hueman domain was triggered too early. This is usually an indicator for some code in the plugin or theme running too early. Translations should be loaded at the init action or later. Lees asseblief Debugging in WordPress vir meer inligting. (Hierdie boodskap was bygevoeg in die volgende weergawe 6.7.0.) in /chroot/home/uxmccdkf/kruispad.net/html/wp-includes/functions.php on line 6121
Deprecated: basename(): Passing null to parameter #1 ($path) of type string is deprecated in /chroot/home/uxmccdkf/kruispad.net/html/wp-content/themes/hueman/functions/init-core.php on line 212
class="nb-3-3-8 nimble-no-local-data-skp__post_post_3459 nimble-no-group-site-tmpl-skp__all_post wp-singular post-template-default single single-post postid-3459 single-format-standard wp-custom-logo wp-embed-responsive wp-theme-hueman sek-hide-rc-badge col-2cr full-width header-desktop-sticky header-mobile-sticky hueman-3-7-27 unknown">

Deprecated: basename(): Passing null to parameter #1 ($path) of type string is deprecated in /chroot/home/uxmccdkf/kruispad.net/html/wp-content/themes/hueman/functions/init-core.php on line 193

Wees ’n skaap, nie ’n bok nie!

In Matteus 25 lees ons dat Jesus met sy wederkoms die skape van die bokke gaan skei. Lees in hierdie artikel wat dit vir jou beteken.


deur ds Johann van der Waal

Wanneer ons in die Woord van die Here lees hoe Jesus as Herder sy dwalende skape laat terugkeer (1 Petrus 2:25), hoe Hy sy skape genadig versorg (Psalm 23; Jesaja 40:11), en hoe Hy sy lewe aflê vir sy skape (Johannes 10:11), besef ons hoe groot genade dit vir ons is om die kudde, die skape, van die Opperherder Jesus Christus te mag wees.

Maar in Matteus 25:31-46 sien ons dat Christus as Herder met meer te doen het as net sy Herderlike sorg. Wanneer Jesus Christus weer kom, kom daar verdoemenis vir die wat nie sy skape is nie. Ons lees in dié gedeelte dat die ‘bokke’ van die ‘skape’ geskei word, en dat hulle sal weggaan in die ewige straf. En wat ons in hierdie gedeelte graag wil vra is: Wat is die verskil tussen ’n skaap en ’n bok?


Wat is die verskil tussen ’n skaap en ’n bok?

Enige van ons wat skape en boerbokke so bietjie ken besef sommer vinnig hoe gepas hierdie beeld is. ’n Skaap is maar ’n dom dier. Sonder ’n boer/herder wat seker maak dat hy elke aand in ’n kraal is, en seker maak dat hy kos en water het, vrek hy sommer vinnig.

Op die plaas waar ek groot geword het is dit ook so. Elke middag vyf uur sien ons hoe die skape agter een van die plaaswerkers aandrentel na die kraal toe. Somtyds wanneer die plaaswerkers af is vir die naweek moet ek ook hulle aanjaag kraal toe. Na ’n tyd lank op die plaas raak ’n skaap ook so gewoond aan die wat hom na die kraal aanjaag, dat hy lateraan sommer self stiptelik 5 uur na die kraal se kant toe beweeg. Dit maak my werk op daardie naweek ook baie minder. Al wat ek hoef te doen is om die hek oop te maak en te begin tel.

Maar met boerbokke is dit ’n ander storie. Hulle wil niks hoor nie! Hy doen net wat hy wil en strooi chaos waar ookal hy gaan! Jy probeer hulle in ’n kraal hou maar as jy net jou kop wegdraai dan staan een op jou kar se dak. Jy kan probeer, maar ’n boerbok kan jy ook nie maklik aanjaag nie, en dit is nog moeiliker om een te vang. Hulle sorg ook maar vir hulle self, en eet enigiets wat voorkom! Van ’n boer/herder is hulle glad nié afhanklik nie.

Die konteks van die plaas is wel nou nie heeltemal dieselfde as die van herders in die tyd van Jesus op aarde nie. Maar die gedrag van skape en bokke sal ons help om hierdie skrifgedeelte ’n bietjie beter te verstaan.


Skape na regs, en bokke na links

Nadat Jesus sê Hy die bokke van die skape sal skei (Matteus 25:31-33) stel Hy daarna waarom dit so gebeur (Matteus 25:34-46). Waarop dit neerkom is dat die regverdiges of geseëndes wat aan sy regterhand is as skape na verwys word, en na die onregverdige of vervloektes aan sy linkerhand verwys word as bokke. Ons sien dan dat Jesus sê dat die regverdiges/skape hom van voedsel, iets te drinke, en gemeenskap voorsien het, die basiese behoeftes van die mens, en die bokke/goddelose nie.

Beide die skape en bokke, goddelose en regverdige, is baie verbaas met Jesus se stelling. Christus antwoord dan die bok en die skaap amper op dieselfde manier. Hy sê eerstens vir die regverdige:

En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen.

En vir die goddelose:

Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit nie gedoen het aan een van hierdie geringstes nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie.


Die verskil tussen ’n skaap en ’n bok!

As ons so terugkom by ons vraag, wat is die verskil tussen die skaap en die bok, dan blyk die antwoord te wees: ‘Om aan die geringstes goeie dade te doen.’ Of meer eenvoudig: ‘Om goeie dade te doen’. Maar spreek dit nie dan teen wat ons glo nie? Dat ons deur ons geloof, in Christus alleen verlos word. Speel ons dade dan ook ’n rol in ons verlossing?

Beslis nie! Christus sê heel eerste, voordat daar van goeie werke eers gepraat word:

Dan sal die Koning vir die wat aan sy regterhand is, sê: Kom, julle geseëndes van my Vader, beërf die koninkryk wat vir julle berei is van die grondlegging van die wêreld af.

Matteus 25:34

Hoe kan jy dan ’n skaap wees?

Die skape wat van die bokke geskei sal word is die geseëndes van die Vader. Dit is deur die seën van die Here dat ons sy skape mag wees. Ons word nie as skape gebore nie, maar deur die seën van die Vader, die Heilige Gees wat ons bokharte na skaapharte toe verander, mag ons soos skape die stem van ons Herder herken.

Net soos daardie skape op die plaas elke aand 5 uur stiptelik begin kraal toe beweeg agter die plaaswerker aan, volg ’n gelowige die Opperherder Jesus Christus. Die goeie werke wat ons doen, kom daarvan dat jy die Herder volg. Ons goeie werke vloei so organies daarvan uit dat wanneer die Koning jou daarvan vertel dat jy sommer verbaas is!

Laastens sien ons die verskil tussen bokke en skape in dié woorde: “Kom, julle geseëndes van my Vader, beërf die koninkryk wat vir julle berei is van die grondlegging van die wêreld af.” As ons wonder hoekom ons nie bokke is nie, is daar nie ’n beter antwoord as hierdie nie:

Want God het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus wat vir ons gesterf het, sodat ons, of ons waak en of ons slaap, saam met Hom kan lewe.

1 Tessalonisense 5:9-10

You may also like...

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui